ATKV 25 Afrikaans Nie-fiksie

Herontdek Jou Selfvertroue
Is jy 'n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie. Rolene Strauss deel hoe ook sy met selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wereld-kroon gedra het, en hoe sy ware selfvertroue gevind het. Die boek is 'n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.
R 40.00

Die Ware en Unieke Jy
In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer. Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.
R 125.00

Die Jirre is my Wagter
Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.
R 35.00

Kom ons Praat oor die Huwelik
Heinz en Alette is passievol daaroor om te sien dat huwelike floreer. Hierdie boek probeer paartjies te bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Alette praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.
R 70.00

Geseënd Is dié Wat Treur
Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn. In Geseend is die wat treur beskryf geliefde outeurs hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is 'n weersiens. Agter in die boek is 'n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.
R 55.00

Oor die Kole
In Oor die kole wys Martelize Brink dat braai soveel meer as net steaks en boerewors is. Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ’n magdom uithaler-resepte met ’n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Daar is onder meer resepte vir gerookte ribbetjie, eend met sjerrieglaseersel, gevulde lamsrol, platbrood in die ketelbraai en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot. Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!
R 165.00

Draers van die Lig
Oor hierdie boek: Draers van die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
R 305.00

Onverskrokke Vroue
Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer? Het die rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die "texts of terrors" in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? En hoe staan dit vandag met vroue? Onverskrokke vroue bied 'n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel.
R 55.00

Nic van Wyk-Brood & Botter
In sy eerste kookboek neem Nic van Wyk, voorste Kaapse sjef en geliefde Kokkedoor-beoordelaar, ons op sy kosreis van 21 jaar, sy kulinere mondigwording: van onthoukos uit sy kinderdae waar die kossaadjies geplant is, na nostalgiese restaurantgeregte met 'n kinkel, tot by sy hartskos sy aardse gunstelinge. Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte 'n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, dik plaasbotter en nat geelvetbiltong op witbrood, Ouma Liena se boontjiesop, mieliepap met botter, suiker en melk - om maar 'n paar lusmakertjies uit sy kinderdae te noem. Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies wat die smaakkliere laat water en sy hartskos weerspieel sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies. 'n Boek wat defnitief in elke Suid-Afrikaanse huishouding hoort - geniet dus die reis!
R 145.00

Leef Jou Nuwe Lied
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is 'n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s'n. Ontdek 'n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.
R 70.00

Meer as Net 'n Ma
Die beeld van ouerskap op sosiale media is lieflik, maar ver van die werklikheid af. En dan is daar die mommy wars... Drie doodgewone ma's, het besluit dis genoeg van die mededinging en oordeel - ma's behoort mekaar eerder te ondersteun. En so is Die Naguilklub gebore: 'n oordeelvrye digitale ruimte waar ma's mekaar inspireer, ondersteun en raad gee. In die boek deel die stigterlede hul ouerskapervarings. Eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks, en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap.
R 75.00

Kies die Lewe
Ivor Swartz is 'n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oe sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.
R 50.00

Onthoukos
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n seleb wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer back to basics. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.
R 370.00

R 85.00

Ontmoet God in Gebed
Wat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens? In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die wêreld van gebed oopbreek deur: God se karakter te ontgin; Die DNS van gebed te ondersoek en Verskeie getuienisse oor die grootheid en almag van die lewende God. Mag hierdie boek vir elkeen wat dit lees ’n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat Jesus gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.
R 70.00

Vers & Vrou
n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue - en vir die wat met vroue leef. Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. In die boek word die heelal beskou deur 'n vroulike blik. 'n Bloemlesing om aan te gee vir 'n vriendin of 'n suster, vir ma's en vir dogters, vir geliefdes - omdat ons almal 'n bietjie so is, en ook nie so is nie.
R 70.00

NLV Hout Sagteband Uitreikbybel
Die NLV Uitreikbybel is ideaal om uit te deel tydens uitreik-aksies en evangelisasie. Hierdie bekostigbare uitgawe met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal ʼn waardevolle geskenk wees.• Verhelderende voetnote• 7.64-punt lettergrootte• Dubbelkolom-uitleg
R 134.00R 88.00

Alle Sondaars Welkom
Alle sondaars welkom is 'n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.
R 60.00

R 100.00

Amper Frans
Toe hy jare gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen Van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag 'n chateau in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy hoe hy die plaaslike tradisies en kultuur die afgelope 21 jaar ontdek her - daar is stories oor statige hertoginne en neusoptrekkerige kelners, die berugte Franse burokrasie en dan ook sy talle faux pas in die Fanse taal. Om die vervalle Chateau de la Creuzette saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in 'n boetiekhotel te omskep het groot Geduld en uithouvermoe geverg. Talle lesse is op die harder manier geleer, soos dat vier verwarmers nie genoeg s om 'n hele chateau to verhit nie ... Louis verklap ook iets van hul gaste se kaskenades en van hul eie reise soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Die boek is 'n moet vir alle Frankofiele.
R 290.00

NLV Denim en Oranje Sagteband Uitreikbybel
Die NLV Uitreikbybel is ideaal om uit te deel tydens uitreik-aksies en evangelisasie. Hierdie bekostigbare uitgawe met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal ʼn waardevolle geskenk wees.• Verhelderende voetnote• 7.64-punt lettergrootte• Dubbelkolom-uitleg
R 85.00

Werk Soos 'n Miljardêr
Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom. . . Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.
R 350.00

Philippolis die oudste nedersetting in die Vrystaat
"Philippolis, die oudste nedersetting in die Vrystaat, van JensFriis, vier 'n langverwagte, omvangryke optekening van dié dorp se wel en wee:geskiedenis, geboue, mense... Maar op vele vlakke is dit nie blootoor 'n spesifieke dorp nie, maar oor 'n Suid-Afrikaanse landelikegemeenskap. Is dit jou soort wortelwêreld? Jy sal in dié boekbelangstel as jy die geskiedenis en jou herkoms koester en vir dienageslag wil bewaar."
R 648.00

In Christus
"God is nie een of ander control freak nie ... Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem." Wat beteken dit om vandag 'n Christen to wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag na Sondag die erediens by te woon nie, se die geestelike leier and oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur 'n lewe in Christus da tons werklik God se krag in ons kan beleef. Volgens Callie beleef die kerk vandag 'n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en 'n behoefte aan beheer. Christene moet onstnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken. 'n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wereld en daadwerklik 'n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo 'n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp. In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
R 100.00
























