Business Reference
There are no products in this collection. Keep on shopping.
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
There are no products in this collection. Keep on shopping.
Fast delivery, easy check out… what else?
I fell in love with The Boy, the mole, the fox and the horse of the first book, which I borrowed, but now purchased, Always remember is a precious sequal, once again packed with inspiration and exquisite artwork. A book that you can read in one sitting, but will go back to time and again, taking time to fully appreciate the beautiful line drawings and pastel paintings.
It will be foolish to think that one can escape storms in your life, but you will find wise words of encouragement here: “But I need to remember who I am: that I am loved, I matter, and I bring to this world things no one else can. So I’ll hold on.” I simply love the sentiment about a storm: “The blue sky above never leaves.”
I could spend much more time quoting from the book; my own words fall short. Rather I would encourage you to add Always remember, as well as The boy, the mole, the fox and the horse by Charlie Mackesy to you to-keep bookshelf.
These books are published by Penguin Random House UK and made available in South Africa by Penguin Random House SA.
Incredible ! My grandson devours the Amulet books. He cannot put the book down once he started. It literally says "5, no 3 pages in you'll be hooked !" And that is true !
I mean he is 8.5 years old.
Mev Smit het ’n huishoudelike naam geword onder die geledere van Afrikaanse lesers. Met die verskyning van die vierde boek in die reeks, was skrywer, Elizabeth Wasserman, slim genoeg om af te skop met ’n volledige lys van karakters wat oorgespoel het uit die vorige sages van mev Smit se lewe in Aronspoort.
“Die bakkie is so deel van mev Smit se mondering soos die goueraambil met die lense wat donker word in sonlig en haar vormlose klere.” (p78 e-boek) Mev Smit se poging om te verdwyn is natuurlik die gevolg van die geld van haar oorlede man wat sy uit sy vennote se “gulsige hande” wou hou. Haar grootste begeerte is egter om doodgewoon te wees, wat sy uiteraard nooit gaan regkry nie.
Hierdie vierde aflewering van haar manewales verskil nogal van die voriges. Vir die eerste maal begin sy dinge in werking stel om haar verlede finaal uit te wis, juis om daardie doodgewone status te bekom, of, as dit dan so móét uitwerk, om te kom in die proses. Dit skep ’n sterker spanningslyn en meer kompulsiewe leeslus. Wat my veral beïndruk, is die fyn humor wat telkens raakgelees word. “Wat praat jy, Elsa? Afrikaans of komitaans? Ons is nie nou in ’n vergadering nie.” (p85 e-boek) Sinsnedes soos: “’n ernstige verbrokkeling van sy oordeelsvermoë” (p288 e-boek) dui op die skrywer se puik hantering van taal en die vertelkuns.
Die sogenaamde “knussies” het gewild geword onder lesers soos ekself, wat nie té veel eksplisiete geweld goed hanteer nie. Doodgewoon mevrou Smit is ’n gawe aanbieding in hierdie genre.
“Dis eenvoudig. Eintlik heel eenvoudig. Sy het niks verloor nie, want sy het hom nooit gehad nie. Sy het net wonderlike herinneringe bygekry. Herinneringe van hoe om in absolute harmonie met iemand te voel. En totale vrede te ervaar.” (p.129)
Hierdie paragraaf is sprekend van die unieke verhouding wat ontwikkel het tussen Zak en Samantha op Kruisklipbaai. Terwyl die aantrekkingskrag tussen hulle vanuit die staanspoor intens was, het die skrywer dit meesterlik bestuur en weergegee. Geen storm en drang en in die bed spring nie. Wel twee mense met hulle eie wroegings. Samantha wat vasklou aan haar belofte van ewige liefde vir ’n verloofde wat verdrink het. Zak wat verbete skuil agter sy vrees dat hy, soos sy pa, homself sal verloor as hy lief kry.
Daar is ook ’n goeie skeut spanning wanneer skurke op Zak se spoor is en dan vir Samantha ook teiken. Hierdie onverwagte verwikkeling kleur die goeie storielyn verder in en sorg vir ’n heerlike leeservaring.
En toe kom jy, uit die pen van Nerine le Roux, is hoogs aanbeveel vir lesers wat hou van ’n goeie romanse.
