Cape Town Lus vir Lees 2026 - Senior Primary

Net Aliens Eet Spinasie (2022)
n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie! Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!
R 182.00

Pieksel
Vossie de Vos is stoksielalleen met niemand om mee te speel of hom geselskap te hou nie. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou. Die oomblik toe sy robot - Pieksel - se ligte aan flikker verander Vossie se hele lewe. Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly?
R 197.00

R 260.00

Breinlabirint
BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is.Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos ’n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos ’n gevangene in die groot, koue huis. Hy het ’n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke.Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is ’n boek wat op ’n nuwe manier geskryf en gelees moet word!BANGMANSKLOOF IS A SCARY PLACE ...Louw Erasmus wakes up one morning feeling very confused. Everything seems strange to him, including his parents. Although everything appears normal in their luxurious home in Bangmanskloof, he senses that something is wrong.There are gaps in his memory, and his life feels like a serialized story with missing chapters. He feels almost like a prisoner in the large, cold house. He has a mark on his neck, and the story of how he got it is just the first of many shocks.Mysteries, secrets, and dangers. What is really going on?With Breinlabirint, the award-winning François Bloemhof has created a new kind of book – one presented in the form of a serialized story. This tale will engage both adventurous and reluctant readers in more than one way. It is a book that must be read in a new way, just as it is written in a new way!
R 220.00

Operasie: spinasie-situasie
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!” Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord. Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout. ’n Groot fout. Want ’n rilling rol deur sy hele lyf. En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie ... hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê? BEGIN HY STEMME HOOR?! Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie ...
R 197.00





