Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
CONTRIBUTORS: Fanie Viljoen
EAN: 9780799360004
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 0 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / General
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction
Fanie Viljoen is die skrywer van talle kinder- en jeugverhale. Die skryfgogga het Fanie reeds op skool gebyt. Hy het ’n aanmoedigingsprys gewen in een van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfkompetisies (1987). Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Sy boeke het al talle pryse verower soos die MER-prys vir jeuglektuur, MER-prys vir geillustreerde kinderboeke, Sanlamprys vir jeuglektuur en ATKV-Kinderboektoekennings. Fanie hou daarvan om vir jong mense te skryf omdat die grense van hulle verbeeldings eindeloos is. Dit is natuurlik ook lekkerder om ’n dag saam met ruimtewesens in stories deur te bring as om by ’n bank of ’n versekeringsmaatskappy te werk! Jip, kan jy glo, hy het dit ook gedoen. Maar vandag skryf, skilder en illustreer hy voltyds boeke.
Book Partnerships
For the Fans