FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

CloseClose
CloseClose
Close

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

Elizabeth Wasserman

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 340.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 340 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx. 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 56.66 per month!
      3x monthly payments of R 113.33 with
      4x fortnightly payments of R 85.00 with
      Ou geraamtes en nuwe gevare.  Mevrou Smit  moet haar eie reëls neerlê om te oorleef..
       
      ’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges.  Mevrou Smit  wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.
       
      Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.
       
      Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna?  Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk?  En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?
      CONTRIBUTORS: Elizabeth Wasserman EAN: 9781776380817 COUNTRY: South Africa PAGES: 256 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: Fiction WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Haar reëls hou haar nie uit die moeilikheid nie!

      Mevrou Smit het Aronspoort toe gekom om vir haarself ’n nuwe lewe en identiteit te bewerk, nie om gewild te wees nie. “Daar is geen wag voor daai mond nie. Al die gedagtes wat in haar kop uitbroei, marsjeer soos mank soldate oor haar tong.” (p.16). Maar dit is juis daardie gedagtes wat al menige moord opgelos het, dit terwyl sy vir haarself streng reëls gestel het vir “goeie” gedrag en verbete daaraan werk om daarby te hou. Reëls soos om te oorleef en te luister na jou instinkte. “My derde reël is om nie my tyd te mors met retrospeksie nie” (p.78), verduidelik sy aan Dario wat in hierdie aflewering weer ’n hoopvolle draai kom maak. Die uitstekende skryfstyl van Elizabeth Wasserman verseker dat mevrou Smit konsekwent, sonder aansien des persoons, hou by haar reëls.
      Ek moet bieg dat hierdie derde sage van mevrou Smit vir my ietwat stadig afgeskop het. Daar was nie juis dringendheid rondom die ontdekking van ’n dekade-oue menslike oorskot in die rivierbank nie. Maar wanneer daar ’n vars moord vermoed word, tel mevrou Smit se bloedhond instinkte spoed op. En die krisis na die einde toe is so spannend as wat ’n sogenaamde sagte krimi kan toelaat.
      Ek sukkel deesdae toenemend met reekse. Ek vergeet die fynere detail van vorige boeke (ouderdom of té veel storielyne?) en dan sukkel my kop deurentyd om te onthou. Dus sou ek beslis beter gevaar het om die drie boeke agtereenvolgens te lees. Nuwe Mevrou Smit lesers wat nie noodwendig alles wil weet van haar vorige lewe en die voorafgaande avonture op Aronspoort nie, behoort suksesvol te kan volstaan met die intrige soos hier aangebied.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Close