CP | Lus vir lees Senior Primary Show 9 - 12 Years

Die Boomhuis met 91 Vloere
Andy en Terry se boomhuis brei net verder uit … Kom tol saam in die wêreld se woesste draaikolk, vaar in ‘n duikbootbroodjie, spoel uit op ‘n woestyneiland, speel op ‘n reuse spinnerak (pas net op vir die reuse spinnekop), loer in by madame Weet-alles, ‘n fortuiverteller wat kamma alles weet, en besluit of jy die geheimsinnige, groot rooi knop gaan druk … H’mm, is jy dapper genoeg? Wat sal gebeur? Kom vind uit!
R 260.00

Wurmpastei: Sewe Slymerige Stories
Hoe voel dit om kaalvoet op 'n padda te trap? Wat ruik erger as 'n vrot eier? Hoe smaak 'n erdwurm-smoothie? Wat moet jy doen as jou hond 'n duur geskenk insluk? Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!
R 125.00

Eisteddfod-pret
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al gewens die soektog na geskikte materiaal vir Eisteddfods was makliker. Hierdie bundel is die antwoord, met oorspronklike, ongepubliseerde werke wat die potensiaal het om A++ by 'n Eisteddfod te verwerf. Die 108 gedigte, 24 monoloe en 20 samesprake is geskik vir laerskoolkinders. Riglyne deur Eisteddfod-veteraan Louise Lachenicht, verseker ook dat elke deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel kan word.
R 290.00

ZOEM! Avontuur op 'n eiland
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het ’n spesiale knoppie wat jou na ’n ander plek laat ZOEM! In die eerste storie beland Alex, Christiaan en Tjomper op ’n eiland saam met ’n seerower. En die seerower wil nie sy eiland deel nie!
R 145.00

Aardigste Kinders op Aarde
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda - 'n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup - 'n seun wie se kwyl hom op 'n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie - 'n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel! Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
R 305.00





