EBR Jan Sport
There are no products in this collection. Keep on shopping.
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
There are no products in this collection. Keep on shopping.
A delightful, gentle story with a lovely African theme. We love all the Anna Hibiscus books!
De Wet Hugo is uitstekend gekwalifiseer om ’n storie te vertel oor ’n amper-dertienjarige wat saam met sy ma in Chengdu, China, aankom. Waarom sê ek so? In die eerste plek omdat hy oorgenoeg ervaring het van die skryf van grillers en ander stories vir tieners. Verder is hy self, soos Henk se ma, ’n onderwyser by ’n privaatskool in China. Daarom kan hy met oortuiging die leefwyse, kossoorte, uitdagings met taal, asook die omgewing aan die leser oordra. Die leser kan agterkom hoe kommunikasie aldaar werk, selfs hoor van Taobao, wat die plaaslike weergawe is van ons gewilde Takealot.
Henk is vreeslik bygelowig, soveel so dat hy in konstante spanning verkeer. Swart katte, spieëls wat breek, die syfer dertien, wat mos welbekend is as ’n ongelukkige getal. Net om sake te vererger, beskou Chinese die syfer 4 as ’n ongelukkige getal, die nommer van hulle woonstelgebou!
Die 13de dag in Chengdu het oorgenoeg grillerige elemente om 9 tot 12 jariges te boei. Die verlate dertiende verdieping, die spook van ’n dertienjarige meisie wat onder vreemde omstandighede dood is, die hysbak wat oopmaak voor ’n pikswart gat. Voeg daarby ’n klomp grillerige elemente uit die mitologie, en jou vel wil in hoendervleis uitslaan.
Hierdie jeugverhaal is ewe geskik vir seuns sowel as dogters, want een van die hoofkarakters is die voortvarende Gaby, saam met Steven, ’n Chinees wat vlot Afrikaans praat, terwyl Henk die verhaal in die eerste persoon vertel.
Die boek is in gedrukte, sowel as e-formaat, beskikbaar op Lapa Uitgewers se webwerf, en ook in goeie boekwinkels.
Toe ek by die kantoor instap vanoggend maak 'n kollega die aanmerking dat ek maar moeg lyk...
Ek het Web van Leuens opgetel en begin lees. En dan elke keer as ek kyk na die tyd, besef ek dat ek moet gaan werk more-oggend. Net nog 'n paar bladsye... En voor ek my kon kry is dit al verby middernag, en ek moet afskeid neem van karakters in wie se lewens ek so betrek geraak het!
Briljante boek!