Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . . 1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se 'binnekamer'. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970s in Angola en Rhodesia uitgevoer het.
Die leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in 'n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolosese hawestad in 'n vlammehel omskep.
Die wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.
1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: 1 Recce, Die nag behoort aan ons.
CONTRIBUTORS: Alexander Strachan
EAN: 9780624085201
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: Tafelberg Publishers Ltd
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / Military, HISTORY / Military / General
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Republic of South Africa, Biography: historical, political and military, War and defence operations
Book Partnerships
For the Fans