Innibos

Droomjagter
Gaan hulle mekaar vind of vernietig? Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf. Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm. Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe? Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig? Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.
R 350.00

R 409.00

Ek Het 'n Engel Gesien
Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer. Die illustreerder is die Durbanse kunstenaar, Deirdre Schoultz. Haar eteriese tekeninge voeg 'n dimensie van intrige en misterie by die roerende verhale.
R 250.00



