Lus Vir Lees Senior Primary Show 9-12 yrs CT
Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.
R 220.00
Tekkies
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op ’n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer – in meer as een opsig. Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy? Tekkies is ’n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.
R 235.00