FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Tussen stasies

Irma Joubert

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 360.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 360 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 60.00 per month!
      3x monthly payments of R 120.00 with
      4x fortnightly payments of R 90.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format:

      Die vroulike hoofkarakter, Gretl, se ouma was ’n Jodin wat met ’n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods, maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur – selfs in die derde en die vierde geslag. Teen daardie tyd weet die Jode van die doodskampe. Daarom laat die ma haar twee dogtertjies ontsnap deur ’n klein opening in die beestrok waarmee hulle vervoer word. So swerf die agtjarige Gretl en haar twaalfjarige suster deur die suide van Pole op pad na familie in Switserland. Die suster word ernstig siek en hulle kry onderdak by ’n bitter arm Poolse vrou met ’n swetterjoel kinders. Die manlike hoofkarakter, Jakob, is ’n vurige Poolse student wat tydens die oorlog by die Poolse weerstandsbeweging aansluit. Die beweging het hoofsaaklik guerrilla-aanvalle op beide Duitse en Russiese magte gedoen, gestreef na die outonomie van Pole na die oorlog, en vlugtelinge, ook Jode, gehelp. Wanneer Gretl se suster sterf, en die Poolse vrou ook nie meer na haar kan omsien nie, word Gretl Jakob se verantwoordelikheid. Gretl weet nie waar of wie die familie is waarheen hulle op pad was nie, dus neem hy haar saam na sy ouerhuis in Czestochowa. Daar is egter geweldige armoede en tekorte in die naoorlogse Pole, sodat sy teen die einde van 1947 ook nie meer daar kan bly nie. Jakob lees van ’n program wat Duitse wesies na Suid-Afrika stuur en hy kry haar daar in. In Suid-Afrika word Gretl aangeneem deur Kate en Bernard Neethling van Ver wink die Suiderkruis en word verder groot op hulle familieplaas in die Bosveld. Gretl het haar lewe begin as ’n Duitsertjie in die Lutherse Kerk. Toe haar pa sterf, het die res van die gesin by haar weduwee-ouma gaan bly. Hier volg hulle Joodse gebruike. By Jakob se familie beland sy in ’n Pools-Katolieke gemeenskap. In Suid-Afrika moet sy aanpas in ’n konserwatiewe Calvinistiese Afrikanerhuis, -skool en -gemeenskap. Sy ontsnap na ’n wereld van haar eie waar realiteit en fantasie vermeng raak om die verlange na Jakob te temper. Tydens die Poolse Rewolusie van 1956 word Jakob gedwing om Pole te verlaat en te vlug na Suid-Afrika. Uiteindelik vind Gretl en Jakob mekaar weer, maar albei het intussen verander. Sy is ’n pragtige derdejaar- B.A.-student aan Tuks wat weet wat sy wil he, maar nie seker is wie sy is nie. Hy is ’n ingenieur van byna 35, ontnugter en ontwortel, maar vasbeslote om in hierdie sterk anti-kommunistiese land ’n toekoms te bou. Wanneer hulle ontdek dat daar gevoelens tussen hulle is, weier haar pa, aangesien Jakob ’n Katoliek is. As twee randkarakters in hulle nuwe gemeenskap, met al hulle bagasie wat hulle saamsleep, moet die twee mekaar ondersteun hier onder die fel suiderson.
      CONTRIBUTORS: Irma Joubert EAN: 9780799364057 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 500 g HEIGHT: 198 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2013-01-13 CITY: GENRE: FICTION / Romance / Historical / General WIDTH: 129 cm SPINE:

      Book Themes:

      Historical romance

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was ’n Mondi-finalis. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het. In 2008 was Irma ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2012. Sy is al 43 jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie vol-wasse seuns, ’n skoondogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug-kokerasies. Haar gunsteling-vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, eintlik enige Afrika-boendoes.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account