Nog ’n Jaco Jacobs boek wat die toets van tyd deurstaan het en nou in ’n splinternuwe baadjie op die rakke is, is Pretpark. Teen alle verwagtinge in, kom ’n pretpark na die dorpie, Rustenvrede. “Al wat ooit op dié dorp aangaan, is die straatligte.” (p.5) Dit is die oorwoë mening van Anton, een van die drie hoofkarakters in die verhaal.
Die pretpark word bestuur deur Madame Zelda, en dit is spoedig duidelik dat daar ’n gevaarlike slang in die gras is. Wat volg is ’n baie spannende verhaal wat weer duidelik illustreer waarom Jaco Jacobs een van ons voorste skrywers is vir jong lesers. Die verbeeldingrykheid, en ja, grillerigheid, het geen perke nie. Ek wonder of kinders goed slaap nadat hulle ’n boek soos hierdie gelees het? Die nagmerries, hoofpyne, uitputting, selfs gebreekte naels en ‘n onverklaarde gebreekte arm – alles dinge wat manifesteer by kinders wat paaie kruis met die betrokke pretpark en spesifiek met Madame Zelda en haar swart kraai. Selfs volwassenes word gehipnotiseer en afgepers.
Pretpark, soos die ander titels in die reeks, naamlik Duister maan en Harlekyn, word uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van Jonathan Ball uitgewers