FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
Frenette van Wyk het die kuns bemeester om haar leser binne enkele sinne perfek te plaas in die ou Kaap, in die tyd van tavernes op die kaai, die skeidslyn tussen ryk en arm, skreiend duidelik. Snobisme is aan die orde van die dag, en wedywering om die mooiste rok na die bal te dra, is hewig. Dit skep dan ’n goeie agtergrond waarteen hierdie verhaal kan afspeel.
Catryn is ’n sterk vroulike karakter wat haar nie laat intimideer deur rowwe mans nie. Nie eers ’n skatryk wynboer kan haar voortydig in ’n huwelik indwing nie. Sy het ’n droom om die beste kleremaker aan die Kaap de Goede Hoop te word.
Claude, die baie ordentlike kleremaker en ontwerper, gee aan haar die geleentheid om haar besigheid, in vennootskap met hom, van die grond te kry. Daar is egter ’n hele paar stertjies aan hierdie ooreenkoms en soos die verhaal vorder, kom daar steeds meer en meer detail na vore. Ek gaan niks daarvan verklap nie want ek wil nie die lesers ontneem van die avontuur om die naaldwerkbedryf van daardie tyd te ontdek terwyl emosies hoog loop en skindertonge woes besig raak nie.
This book got me out of a serious reading slump and simultaneously ruined all future books for me. It is one of the best things I’ve read in a long time and it left me lost for words and just endlessly contemplating everything upon completing it.
Ek is ’n sterk aanhanger van die werk van René van Zyl, maar ek moet bieg dat ek nogal gesukkel het om vat te kry aan Niekie Rabie. “Hoekom laat sy wat Niekie is, haar so maklik deur almal misbruik? Het sy so ’n vreeslike behoefte aan liefde of aandag?” (p.38) Maar toegegee, die minderwaardigheid van die hoofkarakter is juis die spil waar rondom die redelik unieke storielyn draai.
Niekie, wat haarself ag as ’n raaf in die geselskap van arende, leef van kindsbeen af in die skaduwee van haar ekstroverte suster, nou ’n suksesvolle aktrise. Sy laat toe dat sy konstant, as Irene se assistent, op die agtergrond gedwing word. “Sy is regtig gebreek. Tweedehands, verniel en op die ashoop gelos.” (p.73)
Die milieu is interessant: ’n rolprentstel, kompleet met al die binnewerkinge van rolprentvervaardiging. Dit is dan ook die sterk manlike hoofkarakter en akteur, Ruhan, wat die uitdaging aanvaar om Niekie te oorreed om te droom na te jaag en in haarself te begin glo.
Die skrywer navigeer met vaardigheid en gemak die moeilike vaarwater waardeur Niekie worstel. Tot enkele bladsye voor die slot, moet die leser wag vir die bevredigende, gelukkige einde.
Voëls van enerse vere is ’n Romanza uit die stal van Lapa Uitgewers.
The book has a light melancholic storyline with business lessons throughout.
Ek lees van tyd tot tyd ’n boek wat tyd vra om in te sink alvorens ek my gedagtes daarrondom kan neerpen. Volmaan in Baviaanskloof is ’n perfekte voorbeeld daarvan. En selfs na die nabetragting voel ek myself onwaardig om iets by te voeg by die diep reis waarlangs Jeanette Stals my geneem het.
Fransien Theron is ’n jong kunstenaar wat oor die tydperk van ’n paar jaar méér verloor as wat enige mens behoort te dra. Haar baba-seun, haar huwelik, haar vermoë om vreugde te vind in kleure en verf. Soveel so, dat sy haarself afsonder op ’n plaas in die Baviaanskloof, vanwaar sy met volmaan, ’n einde wil maak aan haar troostelose bestaan. En waar sy traumatiese fisiese verlies ly.
Ek was verras met die treffende afwisselende perspektiewe van die luiperdwyfie en die getraumatiseerde vrou. Nog meer wanneer die perspektiewe vermeng, mens en dier, verlede en hede saamvloei. Bladsye 130-135 is ’n gedeelte wat gemerk moet word vir herlees, dit is so treffend geskryf.
Die skrywer maak die natuur en dierelewe ongeforseerd deel van die storielyn. Stap jy saam met Dolf deur die ruigtes (p.178) beleef jy die dassies, die eekhorings, die witkruisarend, ruik jy die luiperd.
Volmaan in Baviaanskloof, wat uitgegee is deur Human & Rousseau, is hoogs aanbeveel en sal op my rak bly om in die toekoms te herlees.
