FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • In Stock Everywhere
    Ruben Namibië en Cindy

Ruben Namibië en Cindy

Pieter van Zyl

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 260.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 260 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 43.33 per month!
      3x monthly payments of R 86.66 with
      4x fortnightly payments of R 65.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet meerkatte Minki en Jerry, vlakvarke Betsie en Bennie, Cindy die bobbejaan en vele meer in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

      CONTRIBUTORS: Pieter van Zyl EAN: 9780624092216 COUNTRY: South Africa PAGES: 96 WEIGHT: 500 g HEIGHT: 280 mm
      PUBLISHED BY: Tafelberg Publishers Ltd DATE PUBLISHED: 2025-10-17 CITY: GENRE: JUVENILE FICTION / General WIDTH: 210 mm SPINE:

      Book Themes:

      Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Lees oor Ruben, sy gesin en die talle diere op hulle plaas in Namibië

      Ek moet sommer uit die staanspoor bieg dat ek nie een van die miljoene sosiale media volgelinge was van Ruben Lambrechts en sy diere nie. Trouens, ek het eers van hierdie interessante mens bewus geraak toe ek ‘n bekendstellings e-pos ontvang het van die uitgewers. Intussen het ek wel gaan uitvind waaroor die ophef gaan, en ek was gefassineer deur die visuele rekords van sy besondere liefde vir en verhouding met die talle diere op hulle plaas, Simmenua, in Namibië.
      Benewens ses kindervriendelike stories, is die boek, Ruben Namibië en Cindy, propvol feite oor wilde diere, en ook spesifiek oor die diere wat om verskeie redes by hulle op die plaas beland het. Hoewel hulle talle wesies versorg het oor die jare, glo Ruben: “Babadiertjies hoort in die veld. By hulle regte ma’s” (p.71)
      Die gesin bestaan uit Ruben en sy tweelingbroer, Tertius, pa Malan en ma Barista, wat deur die diere geag word as die alfa-wyfie, omdat sy die kleintjies versorg. “Mens en dier moet mekaar se verskille waardeer en respekteer. En julle wilde en mak diere ook,” is Barista se sienswyse. (p. 91) En dan is daar natuurlik Cindy, die bobbejaan, wat soos ’n sussie is vir die seuns. Sy het merkwaardige geduld met nuwe aankomelinge, beskermend teenoor die mense en die ander diere.
      Ruben Namibië en Cindy is uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers. Dit is ook in Engels beskikbaar. Die skrywer is Pieter van Zyl, die besondere foto’s verskaf deur Ruben Lambrechts, en die skitterende illustrasies is die werk van Clarabelle Joubert. Die eindproduk is kleurvol en gewaarborg om oud en jonk te betower. Of jy, of jou kinders, diereliefhebbers is, of eintlik baie bang is vir diere, soos ekself, dit is ’n boek wat vra om gelees te word.

      Pieter van Zyl is 'n joernalis en werksaam by ​Huisgenoot.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account