FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Wildplaasbestuur

Prof. Bothma du Plessis, Jacobus Gabriel
    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 1,975.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 1,975 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 5 - 9 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 329.16 per month!
      3x monthly payments of R 658.33 with
      4x fortnightly payments of R 493.75 with
      Hierdie vyfde uitgawe van Wildplaasbestuur is geskryf deur 36 kenners op verskeie gebiede, en die redakteurs is ’n ervare ekoloog en ’n wildveearts. Die gids is so volledig moontlik en alle hoofstukke is hersien en bygewerk. Daar is uitgebreide inligting oor inligtingstelsels en databestuur; die ekonomie van die wildbedryf in Suid-Afrika; bakteriese, virus- en protosoïese wildsiektes; wildveilings; die aanhou, bestuur en jag van groot roofdiere; trofeejag; vleisproduksie; veldbestuur; en die rehabilitering van habitat. Die gegewens oor wildhandel en wildvangs is tot en met 2019 opgedateer.
      Format: CONTRIBUTORS: Prof. Bothma du Plessis, Jacobus Gabriel EAN: 9780627035739 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 1900 g HEIGHT: 252 cm
      PUBLISHED BY: Van Schaik Publishers DATE PUBLISHED: 2021-04-21 CITY: GENRE: BUSINESS & ECONOMICS / Management WIDTH: 180 cm SPINE:

      Book Themes:

      Management and management techniques

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      Prof. Jacobus du Plessis Bothma het ’n BSc-graad in Dierkunde en Plantkunde en ’n MSc-graad in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n PhD-graad in Natuurlewe-wetenskap aan Texas A & M Universiteit in die VSA. Hy was werksaam as roofdier-ekoloog totdat hy na behaling van sy PhD-graad deur die voormalige Transvaalse Afdeling Natuurbewaring na die Universiteit van Pretoria gesekondeer is om die eerste nagraadse kursus in Natuurlewebestuur aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit aan te bied en die Eugène Marais-leerstoel in Natuurlewebestuur te beklee. Daardie leerstoel het later die hoeksteen van die Sentrum vir Natuurlewebestuur in die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria geword waarvan hy die eerste Direkteur was. Die Sentrum vir Natuurlewebestuur is onlangs onder die vaandel van die Soogdiernavorsingsinstituut van die Departement Dierkunde en Entomologie geplaas. Hy het in Desember 2005 afgetree, maar sit as emeritus-professor sy navorsing en skryfwerk voort. Hy is tans reeds die skrywer, medeskrywer en redakteur van 24 boeke of hoofstukke in boeke, 104 gepubliseerde wetenskaplike artikels en 310 populêr-wetenskaplike artikels oor wild. Hy is as een van die uitstaande alumni van die Universiteit van Pretoria bekroon. Dr. Jacobus Gabriël du Toit het ’n landbougraad in Veeteelt aan die Stellenbosch Universiteit behaal, en ’n honneursgraad in Natuurlewebestuur en ’n graad in Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het die eerste formele private wildveeartspraktyk in Suid-Afrika gevestig, en het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van die vestiging van olifante op wildplase, die teel van siektevrye buffels uit besmette ouers, die oes van renosterhorings vir kommersiële doeleindes, en die gebruik van olifante as bio-opspoorders vir die opsporing van landmyne. Sy primêre belangstellingsvelde is die teel van bedreigde wildsoorte en navorsing oor die genesende eienskappe van plante. Hy is ’n voorstander van toegepaste navorsing en ’n holistiese benadering tot wildproduksie. As lid van die SA Veterinêre Stigting het hy fondse gewerf vir talle wildprojekte.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account