Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel.Alles.Dewie moet daarmee saamleef.Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak.Sy mag net nie daarvan uitvind nie. Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk.
CONTRIBUTORS: Fanie Viljoen
EAN: 9780637001397
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 130 g
HEIGHT: 212 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / General, JUVENILE FICTION / Love & Romance
WIDTH: 137 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: Classic fiction, Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction, Children’s / Teenage fiction: School stories
Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Uit, Onderwêreld, Pleisters vir die dooies en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders, jongmense en volwassenes, is hy ook ’n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke Betower en Afkop was die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en in 2019 was hy die wenner van die jeugromankompetisie met Offers vir die vlieë.
Book Partnerships
For the Fans