FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Recommends
    Rebekka van Kameeldoornplaas

Rebekka van Kameeldoornplaas

Irma Joubert
    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 360.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 360 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 60.00 per month!
      3x monthly payments of R 120.00 with
      4x fortnightly payments of R 90.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde.Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford?Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?

      Format: Paperback / softback CONTRIBUTORS: Irma Joubert EAN: 9780637003179 COUNTRY: South Africa PAGES: 560 WEIGHT: HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2026-06-01 CITY: GENRE: FICTION / Historical / 20th Century / General WIDTH: 153 mm SPINE:

      Book Themes:

      Historical fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Volg die jonge Rebekka deur die oorlog, die Spaanse Griep en ander uitdagings

      Soos dikwels die geval is met ’n Irma Joubert roman, lyk dit intimiderend, maar as jy begin lees verdwyn bladsye en hoofstukke werklik vinnig – tyd ook! Voor ek my oë kon uitvee, was dit knap na middernag en die laaste woorde gelees. Hierdie is een van die skrywers wat telkens verras met ’n vars aanslag, al is daar al baie geskryf oor oorloë en oorlewing.
      Ek word maklik kriewelrig wanneer ’n karakter se ouderdom en sy of haar woorde en gedagtegang mekaar weerspreek. In Rebekka van Kameeldoornplaas kry Irma Joubert dit meesterlik reg om ’n bywonerkind presies só te laat klink wanneer sy vrees dat sy haarself gaan “te plettervrek” val, of moeite het om te praat asof met ’n warm patat in die mond. “‘Sorry Mêm ... Ma’am. It woun’t hêppen ... happen again.’ Dekselse patat.”(p.46) Baie vermaaklik ook was die ongeletterde Piet wat praat “sonder leestekens”.
      Rebekka word as elfjarige deur haar pa verkoop en weggeneem Engeland toe om as kinderoppasser van twee kinders te werk, dit terwyl sy self maar ’n kind is. Die hartseer wat sy daar beleef, word treffend weergegee: “Die alleenwees elke aand word ’n swart monster met kloue wat om haar keel vasgryp en die huil uit haar oë wurg tot die kussing nat is.” (p.53)
      Dit word ’n interessante reis saam met hierdie jong karakter wat merkwaardige deursettingsvermoë toon, deur die oorlog en later ook die vernietigende Spaanse griep. Die newekarakters is ewe goed ontwikkel. Die wending wat die verhaal na die einde se kant toe aangeneem het, het my grootliks verras en laat beslis die deur oop vir ’n opvolg.
      Rebekka van Kameeldoornplaas is ’n publikasie van Lapa, ’n afdeling van Penguin Random House SA.

      Irma Joubert is 'n geliefde skrywer in Afrikaans. Beide haar Joubert se Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account