Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...
CONTRIBUTORS: Louis Pretorius
EAN: 9780637003537
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 240 g
HEIGHT: 212 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 137 cm
SPINE:
Louis Pretorius is ’n bekende en bekroonde regisseur. Hy het al verskeie suksesvolle TV-reekse soos “Die Boekklub”, “Fynskrif” en “Fraksie” geskryf. Kompleks, die roman, is ’n verwerking van dieselfde TV-reeks wat op Showmax te sien is.