FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Weg Is Nie 'n Plek Nie

Santie van der Merwe

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 300.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 300 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 50.00 per month!
      3x monthly payments of R 100.00 with
      4x fortnightly payments of R 75.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Natasja se hart is in stukke. Johnny het haar, ná alles waardeur hulle is, weer in die steek gelaat. En nou, ná ’n baie lang nag al die pad van Kaapstad, bevind sy haar op die snelweg in die verre noorde, met al haar aardse besittings agter in haar kar. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het en sy die bordjie opmerk, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog hier op Lelievlei. Miskien moet sy soontoe mik en gaan aanklop, al is dit uit die bloute? Sy is doodmoeg, verward en verslae. As sy net ’n rukkie kan rus, sal sy dalk helderheid kry oor haar eie pad vorentoe. Maar wat op Natasja wag anderkant die deur van ’n vervalle huis in ’n verlate klein dorpie, sou sy nooit kon raai het nie. En nog minder hoe hierdie besoek aan Lelievlei beide haar én George se lewe onherroeplik sou verander. In dié aangrypende roman herinner Santie van der Merwe ons weer hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos ’n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms, soos in Weg is nie ’n plek nie, skenk die heelal vir ’n mens ’n moederfiguur wanneer jy dit die nodigste het.

      CONTRIBUTORS: Santie van der Merwe EAN: 9780798183833 COUNTRY: South Africa PAGES: 288 WEIGHT: 500 g HEIGHT: 198 mm
      PUBLISHED BY: Human & Rousseau (Pty) Ltd DATE PUBLISHED: 2025-09-05 CITY: GENRE: FICTION / Literary WIDTH: 130 mm SPINE:

      Book Themes:

      Fiction: general and literary

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      'n Roerende verhaal oor oorwinning en verlies

      “Waarheen is sy op pad? Sy ry weg van alles af, maar weg is nie ’n plek nie.” (p.18) Dit is hierdie besef waarmee Natasja gekonfronteer word terwyl sy blindelings koers kies met die N1 langs, wat aan Santie van der Merwe se nuutste roman ’n treffende titel besorg. Uitsonderlike titels was nog altyd ’n kenmerk van hierdie skrywer se werk. Dink maar aan ’n Goeie jaar vir rose, Anderkant vergeet en Gelyke kans.
      Natasja het haar aardse besittings in haar motor gelaai en alles wat vir haar kosbaar was, agtergelaat, veral die twee kinders van Johnny wat sy liefhet soos haar eie. Maar die verwoesting van sy verslawing kan sy nie langer verduur nie, trouens, sy weet nie eers of hy die laaste oordosis oorleef het nie.
      Sy beland op Lelievlei en klop aan by George, ’n vriend van haar oorlede pa. Sy vind ’n kunstenaar wat skep uit rommel, en nie ’n man, soos sy aanvaar het nie. Wat volg, is wisselende fokalisering van Natasja en George, waardeur die leser dié twee se geheime, herinneringe en geskiedenis leer ken. Wanneer George vir Natasja in haar ruimte toelaat, moet sy spoke uit haar verlede konfronteer. “In haar geheue gaan deure op skrefies oop, maar sy sien nie kans vir memory lane nie.” (p.99)
      Weg is nie ’n plek nie is ’n aangrypende verhaal van verlies en oorlewing, van swaarkry en oorwinning. Terwyl die fokus is op George en Natasja, is daar interessante newekarakters, waarvan die jong Nevermind beslis my gunsteling is. Lees die boek met aandag, want daar is baie lewenslesse versteek tussen die bladsye.

      Santie van der Merwe is gebore en getoë in Noord-Wes, en woon in Centurion. As tuisblyma het sy af en toe kortverhale geskryf. Eers ná haar kinders uit die skool uit is, het sy haar hand aan 'n roman gewaag. In 2015 publiseer sy twee romans, en daarna, tot en met 2022, verskyn daar amper jaarliks ’n roman uit haar pen. ​

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account