Format:
Waar Lindie en haar vriendinne is is daar altyd hope pret avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie Talita Mia Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke word in hierdie nuwe omnibus uitgegee: Seesand sonbrille en smokkelaars Spoke speurders en straatkafees Skaduwees skatte en Skelmstreke en Soene sonroom en seestrome.
CONTRIBUTORS: Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
EAN: 9780799391329
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 0 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2019-02-20
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / Action & Adventure / General, JUVENILE FICTION / Short Stories
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: Action and adventure stories, Children’s / Teenage fiction: Short stories
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is … Alet Steenkamp woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seun, Adriaan, en dogter, Christine. Sy is ’n Afrikaansonderwyseres in die hoërskool, maar hou nie nou skool nie. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en rock- en alternatiewe Afrikaanse musiek. Sy hou baie van diere en tuinmaak, en kyk graag goeie flieks. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is …