Uilvlug in die skemer
R 285.00 Price and availability exclusive to website
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
R 285.00 Price and availability exclusive to website
Idees is die bloedsomloop van beskaafde samelewing. Idees is daardie denkmiddele waarmee ons interpreterend probeer sin maak van die wêreld van ons ervaring. Anton van Niekerk, bekende filosoof van Stellenbosch, behartig reeds sewe jaar tweeweeklikse rubriek op Netwerk 24 en in Die Burger. Sy rubrieke, wat in hierdie bundel versamel word, begelei sy lesers in sy eie volhardende soeke na sin, maar deins nie terug vir onkonvensionele en kontroversiële gesigspunte wat hy deurentyd aan die orde stel nie. Van Niekerk geniet daarom wye erkenning as openbare intellektueel wat homself meermale aan die voorpunt van wydlopende openbare debatte in Afrikaans bevind. Hieronder tel debatte soos dié oor Afrikaans en Afrikanerskap, Suid-Afrika as demokrasie, moraliteit en politiek, biomediese etiek en die (on)wenslikheid van geassisteerde dood, asook eietydse geloofsverantwoording. In hierdie bundel word ook moeite gedoen om, aan die hand van gekonstrueerde gesprekke met toonaangewende denkers uit die Christelik-Westerse tradisie, lesers bekend te stel aan denkers wat oor eeue intellektuele invloed uitgeoefen het, dog steeds relevansie vir ons eie tyd en omstandighede behou. Die teks van hierdie versameling is breedweg (hoewel nie presies nie) georganiseer rondom die temas van Suid-Afrika as markplein van idees, spesifieke invloedryke idees, moreel-etiese kwessies, lesse uit die geskiedenis van die wêreld en die denke, politieke vraagstukke (met die klem op Suid-Afrika), eietydse geloofsvraagstukke en, les bes, pogings om sin te maak van sowel die lesse as die dwaashede voortspruitend uit die Covid pandemie.
Die hoofstukke is kort (600 woorde elk) en nooi die leser uit tot herkou, selfstandige besinning en kritiese gesprek.