Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat by ons kan kom bly. Hierdie prenteboek vertel op ’n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem. Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels, en dit help kinders om te verstaan dat elke gesin spesiaal is – al lyk ons nie noodwendig dieselfde nie. Die outeur se tantieme op die verkope van die boek word aan Engo geskenk. Engo is ’n niewinsgewende en nieregeringsorganisasie wat ondersteuning bied aan individue en gesinne en betrokke is by die fasilitering van aannemings en ondersteuning bied aan aanneem-gesinne. Die boek is ook beskikbaar in Engels.
CONTRIBUTORS: Jaco Jacobs
EAN: 9781776251100
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 150 g
HEIGHT: 210 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South Africa
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / General
WIDTH: 148 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s picture books
Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk en van sy boeke is vertaal in Engels, Nederlands, Italiaans en Portugees. Twee van sy boeke is tot films verwerk, met ’n derde in produksie. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.
Book Partnerships
For the Fans