Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Vlak 2 in díe gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende dubbelklanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
CONTRIBUTORS: Jaco Jacobs
EAN: 9781776251339
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 45 g
HEIGHT: 198 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South Africa
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE NONFICTION / Foreign Language Study / General
WIDTH: 128 cm
SPINE:
Book Themes:
Afrikaans, Educational: First / native language: Readers and reading schemes
Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 180 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 42 bekronings vir sy werk en van sy boeke is vertaal in Engels, Nederlands, Italiaans en Portugees. Twee van sy boeke is tot films verwerk, met ’n derde in produksie. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.
Book Partnerships
For the Fans