Hierdie boek is propvol woorde – woorde net waar jy kyk! Help Krok en Dil om die woorde te soek. Dié woordsoekboek is nie vet pret nie, dit help kinders ook om hul woordeskat uit te brei, beter te spel en ure lank besig te bly! Lees is pret saam met Krok en Dil! Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kinders lief te maak vir lees.
CONTRIBUTORS: Jaco Jacobs
EAN: 9781776252756
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 212 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South Africa
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 137 cm
SPINE:
Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 230 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 42 bekronings vir sy werk en van sy boeke is in Engels, Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Twee van sy boeke is tot films verwerk, met ’n derde in produksie. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.