As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdryskool langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie. Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het 'n geheim ... 'n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig 'n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira 'n plan, 'n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.
CONTRIBUTORS: Naomi Meyer
EAN: 9781776252978
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South Africa
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Naomi Meyer is senior inhoudsbestuurder van LitNet, 'n aanlyn joernaal. Haar kortverhale is al in tydskrifte gepubliseer, en ook in verskeie kortverhaalbundels opgeneem. 'n Jeugroman, Ruik jy die filmster, en Web, 'n spanningsroman vir volwassenes het ook uit haar pen verskyn. Sy woon saam met haar man, seun, dogter en kat in Stellenbosch.
Book Partnerships
For the Fans