FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Oor Jou Dooie Liggaam

Francois Bloemhof

    Product form
      FORMAT:

      R 310.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 310 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 51.66 per month!
      6x monthly payments of R 51.66 with
      4x fortnightly payments of R 77.50 with
      Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke … Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag.
      CONTRIBUTORS: Francois Bloemhof EAN: 9781779860040 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 280 g HEIGHT: 234 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / Mystery & Detective / General, FICTION / Thrillers / Suspense, FICTION / Thrillers / Crime WIDTH: 153 cm SPINE:

      Book Themes:

      Crime and mystery fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Ludo doen dit 'n vierde keer

      Ek het nie vir Ludo Labuschagne “ontmoet” in boek een van hierdie reeks nie, eers in die derde boek, Blou moord (#3). Dit het gevolg op Die duiwel maak my hart so seer (#1) en Kry vir jou (#2). Hy is ’n knaap van vier en twintig, wat nog, in sy eie woorde, op sy ma se nek lê. Sy pa en ma is vervreemd maar nie amptelik geskei nie. Daar is ’n oom Dippie in die prentjie, maar hy en Ludo het nie erg aan mekaar nie.
      Die unieke resep van die reeks is dat dit geplaas word in 1981, met grepe uit die wêreldgeskiedenis en plaaslike gebeure van daardie era, kompleet met gewilde musiek, lirieke waarvan telkens opduik. Ludo beplan om as lekespeurder, elke maand ’n saak op te los, sake wat by hom kom aanmeld. Die skrywer se inleidende hoofstuk maak reeds vir interessante leesstof oor hierdie, maar ook sy vorige reekse. ’n Verdere kenmerk van die Ludo-reeks is dat hy in die eerste persoon vertel, maar ander karakters ook kans kry om te fokaliseer. Dit gee uiteraard ’n wyer perspektief en skep spanning.
      Ludo loop ontvoerings, pornografie, afpersing en moord, selfs aanranding en noue ontkomings op die lyf wanneer hy in April op Bredasdorp sy vierde #wiedoenit begin ondersoek. Ek het gevoel die aanloop was effens lank, met sy pogings om sy pa en ma weer aan’t gesels te kry, maar daarna neem die storie ’n gemaklike pas aan.
      Persoonlik het ek die verteltrant geniet, deurspek met fyn humor. Ek kon ook goed identifiseer met die tagtigs, waar ons self jonggetroudes was, met basaartafels, telefoonhokkies en kassette. ’n Speurverhaal met ’n (baie duidelike) verskil wat ek kan aanbeveel as jy nie noodwendig ’n moderne aanslag verwag in jou leesstof nie. En ook nie ’n held wat alles onder beheer het nie, want daarvoor loop daar heeltemal te veel dinge skeef.

      François Bloemhof skryf reeds vir meer as 25 jaar vir volwassenes, tieners en kinders oor talle genres heen. Hy het is ’n veelbekroonde skrywer en die pryse vir sy skryfwerk sluit in die De Kat-, FNB-, ATKV-, Kagiso- en Sanlam-toekennings.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account