FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Donker Water

Martin Steyn

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 340.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 340 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 56.66 per month!
      6x monthly payments of R 56.66 with
      4x fortnightly payments of R 85.00 with

      Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

      Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

      Maar, nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

      Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

      “Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.

      CONTRIBUTORS: Martin Steyn EAN: 9781779860064 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Die dood skuil in die water

      Hierdie roman is werklik ’n unieke stuk werk wat nie gemaklik in enige bepaalde boksie pas nie. Hoewel die karakters almal fiktief is, is die stories geskoei op vertellings wat polisieduikers met die skrywer gedeel het toe hy navorsing gedoen het vir ’n toneel in Swartval. En soos ons al meerdere kere gesien het, is die waarheid dikwels meer boeiend as suiwer fiksie. En ek kan getuig dat dit inderdaad jou volle aandag en verbeelding aangryp, hoewel dit jou omtrent omklits.
      Steytler en Pyper is vriende wat saam motorfiets ry, saam treinpatrollie doen as lede van die polisiemag, tikkoppe jaag, treintrapslagoffers moet hanteer. Ook saam lede word van die polisie se duikeenheid – hoewel dit Pyper se droom was en Steytler op sleeptou geneem is. Daarmee word ’n gans nuwe wêreld vir my oopgeskryf. Die prosedures en uiteenlopenheid van scenarios waar polisieduikers ontplooi word, is baie interessant, maar byna deur die bank grillerig en dikwels gevaarlik. Ek het gevind dat die humor wat sommer so terloops bygesleep word, die grusaamheid van die tonele verteerbaar gemaak het vir my. Dink byvoorbeeld aan Pyper se relaas oor ‘n nar wat hom in Makro se gange gejaag het. En net voordat ’n grufonds gemaak word, sê Pyper: “n Manhole ...”, “asof dit ’n nuwe interessante geur 2-Minute noodles is.” (p.117)
      Donker water vertel van vriendskap, kameraadskap, verwyte, verlies, nuwe uitdagings, die joeter wat jou kom vat en sê: Jy gaan doodgaan. ’n Kragtige verhaal wat jou nie laat los na die laaste bladsy nie.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account