FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Safe delivery by Christmas SANTA SAFE
    Anderkant die water

Anderkant die water

Ronel du Plessis
    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 330.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 330 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 55.00 per month!
      3x monthly payments of R 110.00 with
      4x fortnightly payments of R 82.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Niks is ooit weer dieselfde nie.In 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniël verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad.In ’n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets só overstaanbaar, só onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis?Anderkant die water is die uitbeelding van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar.Niks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tóg hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is ’n huldeblyk aan hulle seun, ’n verwerking van hulle hartseer, ’n rekord van ’n ma se rou, en die storie van ’n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.

      Format: Paperback / softback CONTRIBUTORS: Ronel du Plessis EAN: 9781779860347 COUNTRY: South Africa PAGES: 340 WEIGHT: HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: 2026-10-01 CITY: GENRE: BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / General, BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / Women WIDTH: 153 mm SPINE:

      Book Themes:

      Autobiography: religious and spiritual

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Hartverskeurende en eerlike reis deur groot verlies

      Anderkant die water is ’n boek wat jou bombardeer met emosies. Ronel du Plessis, eggenote van die voormalige Springbokrugbyspeler, Jannie du Plessis, skryf met pynlike eerlikheid oor die ramp wat hulle gesin getref het toe hulle jongste spruit in hulle swembad verdrink het.
      Sy begin by die begin van haar en Jannie se verhaal, mediese studente, hulle hospitaaljare, hulle verblyf in Frankryk toe Jannie daar gaan speel het vir ’n Franse klub. Terug in Suid-Afrika, die opwinding van ’n huis teen die berg wat met haar siel praat, maar uiteindelik die plek van groot verlies sou word.
      Haar sketse en gedigte gee verdere diepte aan haar vertelling. “My kalender het nou nie meer dae, dit bestaan net uit voor en na” (p.197) en “dalk kan U my vaswerk, ek voel te oop en rou, bring die naald en gare, Heer kom tog, maak net gou.” (p.234) Daar was tye wat sy intens met die Here geworstel het, kwaad was, ontnugter en teleurgesteld, maar haar geloof het staande gebly en haar staande gehou.
      Ek sal nie so voorbarig wees om te sê dat ek kan verstaan nie. My eie verliese was nog nie so teen die normale verloop van ouderdom nie. Ek het wel as ‘n pad gestap saam met ’n vriendin wat self ’n dogter moes afstaan, gehelp met troosbedieninge, maar selfs dit gee mens net ’n oppervlakkige verstaan van sulke pyn en verplettering. Anderkant die water help wel om so ’n klein bietjie meer begrip te kry.

      Ronel du Plessis is ’n hardkoppige en hartstogtelike vrou en dokter. Sy is getroud aan oud-Bok Jannie du Plessis. Hulle het vier kinders, drie op aarde en een in die hemel.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account