FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Geheime op Philadelphia

Riaan Grobler

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 320.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 320 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 53.33 per month!
      3x monthly payments of R 106.66 with
      4x fortnightly payments of R 80.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein Wes-Kaapse dorpie van Philadelphia.Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia.Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp.’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?
      CONTRIBUTORS: Riaan Grobler EAN: 9781779880086 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 280 g HEIGHT: 234 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2024-01-01 CITY: GENRE: FICTION / Christian / General, FICTION / Christian / Romance / General WIDTH: 153 cm SPINE:

      Book Themes:

      Modern and contemporary fiction: general and literary, Religious and spiritual fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Boeiende debuutroman oor oorbegin en ou geheime

      Ek het hierdie boek heeltemal onbevooroordeeld gelees, geen vooraf onderhoude, resensies of lesersindrukke onder oë gehad nie. Ook nie bekend met die debuutskrywer, Riaan Grobler se loopbaan as openbare figuur of sanger nie. Die enigste, kom ons noem dit, voorafkennis waarteen ek kon meet, was een besoek wat ek jare gelede gebring het aan die nimlike dorpie, Philadelphia.
      Gemeet daaraan, was die storielyn vir my geloofwaardig. Ek kan my totaal indink dat ’n gewilde sanger, een wat sy gehoor en sy loopbaan verloor as gevolg van ’n ongeluk, op so ’n dorpie vir homself ’n nuwe nis sou wou uitkap. Die skrywer het ook navorsing gedoen oor gehoorgestremdheid en kan daardie aspek ook met vertroue aanvaar word vir feite.
      Dit is dan ook presies hier op Philadelphia, sy veilige hawe, waar hy sy boetiekrestaurant, Die nostalgie, bedryf, waar ou geheime hom kom vind, en wil in die vorm van ’n meisie met die mooiste blou oë wat vir hom bekend wil lyk. Daardie deel van die plot kon my vrugbare verbeelding nogal voorsien, hoewel dit met geduld ontrafel en aan die leser gebied word. Die omvang van die antagonis se ongebalanseerde en hatige optrede, het egter verras. Lees gerus self hoe die storie ontvou.
      Die boek is ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers. Daarom is ’n paar verwysings na preke nie vreemd nie, maar ek sou nog meer wou sien van geestelike verdieping wat kon saamloop met die hoofkarakter se aflegging van sy vorige leefstyl. Ook vergifnis kon as element verder ingespan word. Nogtans is dit ’n verhaal wat vlot en boeiend lees en kan aanbeveel word.

      Riaan Grobler is ’n bekende omproeper by PretoriaFM, sanger, akteur en TV-aanbieder. Hy is gebore en getoë in Pietersburg, en die wenner van verskeie medaljes gedurende ’n internasionale sangkompetisie in sy matriekjaar. Die eerste van sy sewe albums het in 2006 die lig gesien ná sy deelname aan Supersterre. In 2006 tree hy op as akteur in die musikale verhoogproduksie, The Wedding. Riaan vervaardig ook televisie-programme en het Die Groot Ontbyt en Hollywood, hier kom ek TV-programme aangebied. Riaan woon deesdae in Pretoria. Geheime op Philadelphia is Riaan se debuut roman. Johann Strauss is an expert when It comes to illustrations for children's books. This talented illustrator also illustrated Ben gaan skool toe and Ben en die groot toets.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account