FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
    Hospitaal Weltevreden

Hospitaal Weltevreden

Riaan Grobler

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 310.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 310 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 51.66 per month!
      3x monthly payments of R 103.33 with
      4x fortnightly payments of R 77.50 with

      Format: Paperback

      Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon.

      Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ...

      Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie – totdat Petro met haar groot juk en nog groter geloof by haar spreekkamer instap en in Louise se swart-op-wit logika kom rondkrap. Maar Louise staan sterk op haar beginsels totdat sy eendag onverwags inmekaarsak en alles in haar lewe omver gewerp word.

      En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders en die interessante pasiënt, Shawn, wat van een verhouding na ’n ander rond fladder. Is dit van hom wat sy skielik romantiese geskenke kry, of kom dit van die aantreklike Dr Marloux Pienaar? Die kardioloog staan self op skei en vang al die verpleegsters se oë, en ná wat in sy kantoor gebeur het, ook Rentia s’n. Maar is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux?

      Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...

      CONTRIBUTORS: Riaan Grobler EAN: 9781779880604 COUNTRY: South Africa PAGES: 224 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Lapa DATE PUBLISHED: 2025-01-20 CITY: GENRE: Fiction WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Alles is nie wel by Hospitaal Weltevreden nie

      Na die sukses van sy debuutroman, Geheime op Philadephia, spog bekende radio- en televisiepersoonlikheid, Riaan Grobler, met ’n splinternuwe roman, Hospitaal Weltevreden. Hierdie roman staan wydsbeen oor meerdere genres.
      Eerstens is daar geestelike fiksie, en word die kwessie van geloof en die dood onder die soeklig geplaas. ’n Onkoloog se kliniese en streng wetenskaplike benadering word in kontras gebring met die sterk geloof en berusting van ’n kankerlyer wat nie skroom om te getuig teenoor almal waarmee sy in aanraking kom nie.
      Verder pas die handskoen van verhoudingsroman ewe goed, met sterk elemente van verbale en fisiese geweld binne ’n huwelik wat op egskeiding uitgeloop het. Geestesversteurings, soos dissosiatiewe persoonlikheidsteuring en ’n gevaarlike psigopaat, gee aanleiding tot die spanningsaspekte van die storielyn. As jy ’n sagte mediese storie verwag het, gaan aanrandings, ontvoering en moord jou onkant betrap.
      ’n Ander sensitiewe saak is die agtergrond van die hoofkarakter, Anna-Mart. “Ek het maar net weer besef mens sal nooit regtig Danville kan afskud nie, al probeer jy hoe.” (p.173) Terwyl sy en Jacques uitgestyg het bo hulle omstandighede, is ander, soos haar broers, slagoffers daarvan en van hulle eie verkeerde keuses.
      Dan kan ek nie nalaat om te noem dat hierdie roman ook ’n liefdesverhaal is nie. Die twee vroulike hoofkarakters, wat om die beurt aan die woord is, se stories sluit aantreklike helde in. As jy dus soek na ’n storie wat maklik lees, in doodgewone spreektaal, en in enige van hierdie genres belangstel, kan jy gerus hier publikasie van Luca oorweeg. Luca is die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account