FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Die vrywilligers

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 310.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 310 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.Exclusive Books Enquiries

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 51.66 per month!
      3x monthly payments of R 103.33 with
      4x fortnightly payments of R 77.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.Exclusive Books Enquiries

      Format: Paperback / softback

      Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit dokter Robert Campbell en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, om 'n ambulans na die gevegsfront te stuur. Die vrywillige verpleegsters is Robert en Thomas se dogters, Eleanor en Mary, en die Campbells se buurdogter, Martha. Martha se ouer broer, Jakkie, gaan ook saam om by die Pretoria Kommando aan te sluit. Van al die vrywilligers het slegs die sestienjarige Eleanor mediese ondervinding aangesien haar ma 'n vroedvrou is en sy soms assisteer. Dokter Campbell se seun, Rory, studeer medies in Edinburgh maar onderbreek sy studies om by die ambulans aan te sluit. Gedurende sy reis terug ontmoet hy drie Russe wat aan die Boerekant kom veg en hulle raak vriende. Een van hulle is luitenant Ivan Mikhailov van Sint Petersburg.Die Fraser & Campbell-ambulans reis per trein na die Natalse gevegsfront om by die ander ambulanse aan te sluit naby Ladysmith, waar hulle die Pretorius-tweeling ontmoet. Maar die Boere ly 'n groot nederlaag by die Slag van Elandslaagte en die gruwels van die oorlog laat Eleanor se geloof wankel. Hoe kan God soveel ellende toelaat? Tydens die geveg word Ivan gewond en Eleanor help om hom te verpleeg. 'n Kakie, luitenant Desmond Evans, is ook een van die gewondes wat deur die ambulans opgetel en verpleeg word. Eleanor en Ivan se paaie bly kruis en hulle band raak al hoe hegter. Sy en Ivan begin aan hulle liefde ten midde van die ongenaakbare oorlog glo, totdat Jakkie eendag hartverskeurende nuus oor Ivan met haar kom deel ...

      CONTRIBUTORS: EAN: 9781779880949 COUNTRY: South Africa PAGES: 244 WEIGHT: 340 g HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2026-01-01 CITY: GENRE: FICTION / Christian / Romance / Historical WIDTH: 153 mm SPINE:

      Book Themes:

      Relating to Christian people and groups, Historical romance, Historical fiction, Religious and spiritual fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Midde die grysaamheid van oorlog bloei die liefde

      Eleanor Campbell is ’n vrywillige verpleegster aan die gevegsfront tydens die Boereoorlog. Haar pa en broer, albei mediese dokters van Skotse afkoms, beman ’n ambulans met beperkte voorrade en heeltemal te veel beseerdes. Die werklikheid van oorlog daag haar geloof spoedig uit: “Waar was die Here vandag? Die God van genade tot wie hulle altyd bid? Hoe kan hy toelaat dat mense sulke wrede dinge aan mekaar doen?” (p.69)
      Die Eed van Hippokrates verplig die twee vrywillige Skotse dokters, saam met hulle gesin, om Boer én Brit te versorg. Dit plaas die gesin in die spervuur. “... ons is net van daardie mense in die middel, in die niemandsland, soos Rory dit noem, dié wat tussen twee vure hang.” (p.225)
      Dit is egter die teenwoordigheid van ’n ander stel vrywilligers, soldate uit Rusland wat hier aan die kant van die Boere kom veg, wat ’n verdere dimensie aan die storielyn verleen. Dit sorg ook vir ’n tere liefdesverhaal met vele uitdagings. Malene Breytenbach plaas die leser midde in die oorlog met al die ontbering, dood en beserings, maar sy slaag daarin om die emosies van die rolspelers, die fokus te maak.
      Dit is nie die eerste maal wat hierdie skrywer oor die Boereoorlog skryf nie. Sy het duidelik genoeg kennis om die onderwerp en karakters oortuigend en boeiend aan te bied. Dink byvoorbeeld aan Verskeurde hart en Liefde en oorlog. Verpleging is ook nie ’n vreemde tema vir haar nie.
      Die Vrywilligers is ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers.

      Dr Malene Breytenbach het in Zimbabwe gewoon totdat sy veertien jaar oud was. Haar gesin het toe na Pretoria verhuis waar sy matrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy het twee grade by die Universiteit van Pretoria verwerf, ’n BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA (Hons) (Engels) en het ook as vertaler gewerk. Malene en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit het en verdere grade verwerf het in Hons, Magister en DPhil in Joernalistiek, Meester in Antieke Nabye Oosterse Studies en MPhil in Antieke Studies. Malene het ook by die Universiteit van Stellenbosch gewerk, eers in Openbare Betrekkinge, toe Kommunikasie en daarna die Stellenbosch-stigting. Oor die jare het Malene al meer as sestig boeke en verskeie kortverhale geskryf.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account