FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Groete uit Skotland

Sunet du Plessis

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 310.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 310 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 51.66 per month!
      3x monthly payments of R 103.33 with
      4x fortnightly payments of R 77.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Frances vlug van ’n hartseer verlede weg na ’n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag ’n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het. Daar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie wat op ’n plaas naby Hazyview woon. Sy begin werk as ’n onderwyseres by ’n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.In Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om ’n weduwee op ’n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy so met baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur ’n skool in Pretoria voel sy egter heeltemal alleen. Ná onstellende gebeure op die plaas, besef Martie dat sy ’n plaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.Gerbrand is ’n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid en pyn terwyl hy ander moet bystaan. Sy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy bediening en sy ouers se ondersteuning. Een Sondag sien hy vir Frances raak ... By die kerk ontmoet Frances ’n landheer en word na sy herehuis genooi. Daar besef sy, sonder dat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...Groete uit Skotland is verhaal van intrige, familiebande en verrassings. Gebroke mense vind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hul worstel deur hulle eie verliese, verhoudings en teleurstellings. Soms draai dinge nie uit soos jy verwag het nie, selfs nie eers op die asemrowende hooglande en eilande van Skotland nie.---------------------------------------------------------------------------------------------------Frances flees from her past and pain to Scotland. Here, where her mother's people come from, she wants to begin a new life and forget about what happened. Once there, she lets her grandmother Martie know, who lives on a farm near Hazyview. She starts working as a teacher at a local school and stays with kind Scots, but even the beautiful landscape and people are not always enough to soothe her soul.In South Africa, Martie finds it difficult to manage everything alone. It is not easy being a widow on a farm and having to raise her grandchildren, even though she does so with great love and faith. However, when Frances' brother, Deon, is recruited by a school in Pretoria, she feels completely alone. Martie realises that she will have to appoint a farm manager after something happens at the farm, and that is how Dillon Geduld enters her life.Gerbrand is a South African minister in Scotland, struggling with his own brokenness and pain while caring for others. He finds comfort in the Scottish landscape, the Word, his ministry and the support of his parents. One Sunday he notices Frances ... Frances meets a landowner at church, and is invited to his manor. There, she realises, unbeknownst to them, that the MacIntyres are her blood relatives ...Groete uit Skotland is a lovely story of intrigue, family ties and

      CONTRIBUTORS: Sunet du Plessis EAN: 9781779881045 COUNTRY: South Africa PAGES: 272 WEIGHT: HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2026-05-01 CITY: GENRE: FICTION / Christian / General, FICTION / Christian / Romance / General WIDTH: 153 mm SPINE:

      Book Themes:

      Fiction: general and literary, Religious and spiritual fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Neem 'n reis na die pragtige Skotland saam met Frances, wat soek vir heling

      Sunet du Plessis is ’n indrukwekkende nuwe stem in Afrikaanse romans. Sy is wel deeglik onderlê in die taal en skryfkuns, weliswaar met artikels en kortverhale en gewapen met ’n BA in tale. Groete uit Skotland is haar debuutverhaal en wel in die geestelike fiksie genre.
      Vergelyk jy die skrywer se biografie met dié van die fiktiewe karakters in die storie, is daar genoeg parallelle om te verseker dat die storielyn geloofwaardig is. Frances beleef ’n pynlike ontnugtering wat haar noop om Skotland toe te gaan, na waar haar oorlede ma se wortels lê. Die manlike hoofkarakter wat sy daar ontmoet, is ook ’n Suid-Afrikaner, ’n jong predikant met ’n groot trauma in sy verlede – die besonderhede waarvoor die leser moet wag tot byna aan die einde van die verhaal.
      Een van die boublokke van die storielyn, is die kontroversiële kwessie van homoseksualiteit. Die skrywer hanteer dit sensitief sodat geen leser, wat jou oortuiging mag wees, sal aanstoot neem nie. ’n Verdere bousteen is die feit dat slegte dinge ook met goeie mense gebeur. Verhoudings wat op verskillende maniere uitgedaag word, is volop in die ryk storielyn.
      ‘n Beeld wat my bybly, is dié van skanse wat mense om hulself bou. “Ons kan nie die skanse wat mense om hulle bou met die geweld van ons oortuigings afbreek nie. Maar, ons kan oorstap en by hulle vuur gaan sit, na hulle luister en dáár wees vir hulle.” (p.182)
      Groete uit Skotland is uitgegee deur Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers.

      Sunet du Plessis is in Boksburg gebore. Sy het BA tale aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en 'n nagraadse hoër onderwys diploma verwerf. Sy is getroud met Jannie du Plessis, 'n predikant. Hulle het saam vroeër jare in Zimbabwe gewoon waar sy artikels oor die vryheidstryd geskryf het. Sunet het vir twintig jaar voltyds onderrig gegee en haar eerste kortverhaal het in die Voorligter verskyn. Van 2013 tot 2019 het hulle in Skotland gewoon, waar haar man as predikant 'n gemeente bedien het. Sunet se artikels en kortverhale verskyn gereeld in tydskrifte en Die Kerkbode, en sy is die mede-outeur van ’n dagstukkie-boek. Sunet en haar man reis baie, en sy geniet fotografie terwyl sy voltyds skryf.---------------------------------------------------------------------------------------------------Sunet du Plessis was born in Boksburg. She studied BA languages ​​at the University of Pretoria and obtained a postgraduate higher education diploma. She is married to Jannie du Plessis, a minister. They lived together in Zimbabwe in their earlier years, where she wrote articles about the liberation struggle. Sunet was an educator for twenty years and her first short story was published in the Voorligter. From 2013 to 2019, they lived in Scotland, where her husband served as a minister at a congregation. Sunet's articles and short stories appear regularly in magazines and Die Kerkbode, and she is the co-author of a daily devotions book. Sunet and her husband travel often, and she enjoys photography whilst writing full-time.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account