FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
I honestly have no words for this book. I love Michael Jackson and I am one of his biggest fans . Reading this felt like I was having a deep late night conversation with him. I wish I could read it for the first time again!!! I LOVE YOU ALWAYS MICHAEL #FOREVERINNOCENT #MJ #SHAMONE #HEEHEE #DONTSTOPTILLYOUGETENOUGH
Liefdesverhale is ’n effektiewe manier om waarhede aangaande verhoudings en die huwelik oor te dra. “… as jy die dag besluit om lief te wees vir die persoon wat jy gekies het, het jy ’n goeie kans om dit te maak werk.” (p. 65) Dit is raad wat ek raaklees in Veral jy, die tweede boek in die reeks oor die Du Bois-susters. Die skrywer is die gewilde Elsa Winckler.
Boek 1, In ’n oomblik, was die storie van die warrelwind romanse tussen Kirsten en Marnus. Boek 2 open met hulle troue en die plofbare ontmoeting tussen ’n volgende van die susters, Martine, en Antonie, een van die strooijonkers. Daar was na hom verwys as die “strooijonker-sonder-naam”, want hulle het nie tyd gemors met uitruil van name nie.
Antonie kom met bagasie wat spruit uit ’n ongelukkige kinderlewe en Martine het self ’n effe verwronge uitkyk oor die wenslikheid van trou. Dus is die tafel gedek vir seerkry. Voeg daarby ’n bitter tante wat ongenooid opdaag, en dinge verloop alles behalwe glad vir hulle.
Anderkant die water is ’n boek wat jou bombardeer met emosies. Ronel du Plessis, eggenote van die voormalige Springbokrugbyspeler, Jannie du Plessis, skryf met pynlike eerlikheid oor die ramp wat hulle gesin getref het toe hulle jongste spruit in hulle swembad verdrink het.
Sy begin by die begin van haar en Jannie se verhaal, mediese studente, hulle hospitaaljare, hulle verblyf in Frankryk toe Jannie daar gaan speel het vir ’n Franse klub. Terug in Suid-Afrika, die opwinding van ’n huis teen die berg wat met haar siel praat, maar uiteindelik die plek van groot verlies sou word.
Haar sketse en gedigte gee verdere diepte aan haar vertelling. “My kalender het nou nie meer dae, dit bestaan net uit voor en na” (p.197) en “dalk kan U my vaswerk, ek voel te oop en rou, bring die naald en gare, Heer kom tog, maak net gou.” (p.234) Daar was tye wat sy intens met die Here geworstel het, kwaad was, ontnugter en teleurgesteld, maar haar geloof het staande gebly en haar staande gehou.
Ek sal nie so voorbarig wees om te sê dat ek kan verstaan nie. My eie verliese was nog nie so teen die normale verloop van ouderdom nie. Ek het wel as ‘n pad gestap saam met ’n vriendin wat self ’n dogter moes afstaan, gehelp met troosbedieninge, maar selfs dit gee mens net ’n oppervlakkige verstaan van sulke pyn en verplettering. Anderkant die water help wel om so ’n klein bietjie meer begrip te kry.
The Memories Across Time is a heartfelt novel about family history, faith, and the search for identity. Kiril Kristoff weaves the past and present together, inviting readers to consider how the lives and choices of earlier generations can shape the people who come after them.
The story’s exploration of ancestry and heritage gives it emotional depth, while its historical setting brings a wider world to life. At its heart are questions many readers can relate to: Where do we come from? What do we inherit from our families? And what can learning about the past teach us about ourselves?
I recommend this book.
By Vessy K.
*Going Dutch* is a class of its own. I would like to thank Obie. Rarely have I encountered such an extraordinary book of South Africa (and the Netherlands). It adds a great deal to what I knew. Obie's stories, encounters, photographs, the history of the country and the relationship with the Netherlands — it is all remarkably multifaceted. At times, reading and viewing it was an emotional experience. Hans de Jong - "Platland"/Netherlands.
