FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
SD Fourie het my deeglik bekoor met Die Lanternswaaier-trilogie. Nou doen sy dit weer met Vlam van die sprokkelhout. Hierdie roman is veel meer as ’n besondere gepasde titel en ’n baie mooi voorblad. Ook meer as bloot ’n boeiende historiese roman. Neffens die geskiedkundige feite, in fiksie verweef, ontplooi daar ook ’n moderne verhaal wat my gretig aan die lees gehou het, kompleet met misterie en selfs ’n spook of twee.
Die verhaal begin op ’n sombere noot met die stranding van die slaweskip, Meermin, in 1766. Slawehandel, per sé, en ook die omstandighede waaronder slawe vervoer is, wat lyfstraf ingesluit het vir die geringste verset, is ontnugterend. Maré L’Abillioni oorleef die skipbreuk en word die sentrale figuur waarom die historiese deel draai, tesame met Matthys Lourens.
Die toneel verskuif dan na 2024. Die leser ontmoet nou die moderne hoofkarakters, Hetta en Jacques, wat albei ’n skakel het met die L’Abillioni-naam. Die storie word verder heel soomloos in hierdie twee tydsgleuwe aangebied. Die sogenaamde spookhuis, deur haar ouma aan Hetta nagelaat, en ’n antieke dagboek, is die skakels wat die karakters oor meer as twee honderd en vyftig jaar verbind.
Vlam van die sprokkelhout is ’n puik werk deur ’n skrywer wat die Strandveld baie goed verstaan, en nie skroom om werklike karakters uit die verlede by haar storie te betrek nie. Die boek is uitgegee deur Queillerie, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers
Reading Corpus de la Actualidad de la Fe genuinely made me stop and reflect on things I had rarely questioned before. What I appreciated most was how the book approaches Christianity without making faith feel like something rigid, distant, or disconnected from the world we live in.
I particularly enjoyed the way the author explores the relationship between religious traditions, institutional authority, and the teachings of Christ. Rather than simply presenting established beliefs as unquestionable truths, the book encourages readers to think, reflect, and develop a more conscious understanding of their own faith.
The ecumenical perspective was another aspect that stood out to me. I found the emphasis on dialogue, mutual respect, and unity among Christians especially meaningful.
This isn't necessarily a book that gives you easy answers, and that's precisely what I liked about it. It leaves room for questions, personal interpretation, and even disagreement.
I finished it feeling that faith doesn't have to be afraid of critical thinking. Sometimes, asking difficult questions is exactly what allows us to understand our beliefs more deeply. A thoughtful and rewarding read that I would recommend to anyone interested in Christianity, theology, or the place of faith in today's world.
Ouma Mollie, ’n breinkind van die immergewilde Fanie Viljoen, het die definisie van eksentriek herskryf. Sy het al elke onhebbelikheid onder die son aangevang, soos weergegee in die eerste drie boeke, maar sy het haarself beslis nog nie bekeer nie. Ouma Mollie op die plaas is weer propvol impulsiewe besluite met slegte gevolge.
Sy laai haar skedonkie, Spokie, barstens toe vol met haar aardse besittings en haak boonop ’n sleepwaentjie. Nina, Simon en Blapsie, die hond, word ook ingelaai, tesame met gistende gemmerbier. Hoef ek meer te sê?
Soos gewoonlik, verdien Johann Strauss ’n pluimpie vir die skitterende illustrasies wat die teks perfek aanvul.
Kry gerus hierdie nuwe avontuur van ouma Mollie en geniet dit sommer saam met die jongelinge.
Iewers in die Oos-Kaap tel ’n dogter in ’n rolstoel ’n turkoois steentjie op. Eensklap bevind Bobbob hom by Nandi, ’n “halflengte” wat ’n taak moet skryf oor olifante. Nodeloos om te sê, sorg Bobbob nie net vir inligting nie. Hy gaan ’n stap verder en stel haar en haar au pair voor aan Maksimus en Mambo van die Addo Olifantpark.
Weereens is die teks deurspek van nuutskeppings soos slurpslorpe en moeloenkers, en ’n geheue soos ’n olifant kry nuwe betekenis. Bobbob reken die troetelname wat aardbewoners gebruik, en een woord vir twee dinge, is “onlogies”. Verskeie emosies en gedrag is ook weer bygewerk, wat lekker gesprek kan inisieer met jong kinders, dinge soos respek, geduld en irritasie.
Saam met die prettige illustrasies deur Bernard de Jager, is Bobbob die robo-meerkat en Operasie Slurpslorp pure plesier. Ten slotte is daar weer ’n spiëlskrifleidraad wat wys na ’n vyfde provinsie waar Bobbob binnekort gaan aandoen.
Hierdie reeks word uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.
Die nimlike klein Bobbob in sy robo-meerkatgedaante, maak vir ’n derde maal sy verskyning wanneer drie kinders ’n ploemplafsteen op Tafelberg optel. Die spieëlskrifleidraad aan die einde van die vorige avontuur, het tereg gewys na die Wes-Kaap.
Bobbob se nuwe kennis wat hy in Kaapstad opdoen, is skoon oorweldigend. Die spraakborrels in die prettige prenteboekillustrasies wys waarskuwings soos “Interne alarm!”, “Status oorlaai!” en “Foutkode 9096” (p.20) Bobbob leer onder andere ook nuwe emosies van die aardbewoners ken, soos humor en jaloesie.
Dan volg daar die katastrofe met die Bo-Kaap bobotie wat onmenslik brand. Strykdeur word bekende frases in oorspronklike formaat aangewend om die teks baie vermaaklik te hou, Selfs paar sedelesse word bygewerk, soos om te gaps of nié.
Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie is ’n publikasie van Tafelberg, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers. Die talentvolle skrywers met vragte verbeelding is Marion Erskine en Heléne de Clercq.
