Search results for "Paleise van die pluime Sue Van Waart"
Items in stock - 4 working days delivery time

Dagboek van 'n Wimpy Kid: Die Nare Waarheid
’n Nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer. Daar is ’n groot familiesaamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie – veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots. Maar die dinge wat nie verander het nie, is dalk erger: Daar is nog steeds nie sprake van ’n meisie in sy lewe nie. Daar is ook nie sprake van ’n puisie nie, en dit beteken dalk hy gaan nooit grootword nie!
R 177.00

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika
Die boek se titel vertel alles! In hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf dit 'n duidelike begrip hoe bome saamgestel word en waarna om op te let wanneer 'n boom geidentifiseer word. Die boek word in twee dele verdeel: Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van 'n boom en hul rol in boom-identifikasie. Deel 2 bevat 'n sleutel van 43 boomgroepe, gebaseer op maklik sigbare stam- en blaareienskappe. Dit verskaf 'n noukeurige oorsig oor elke groep, sowel as die Suid- Afrikaanse boomfamilies wat in die verskillende groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto's en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat die handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met 'n goeie begrip van die funksionering van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer. Verkoopspunte: 'n Deursigtige en verduidelikende inleiding tot boom-identifikasie; sluit 'n beproefde sleutel tot boomgroepe in, gebaseer op maklik waarneembare funksies; 'n Nuwe uitgawe - bygewerk om die nuutste taksonomiese veranderinge te weerspieel; die perfekte metgesel vir veldgidse oor bome.
R 200.00

Die vrou van die klippesee
Kreefsmous Hendrik dog hy yl toe hy 'n beseerde jong vrou op 'n verlate strand aan die Weskus kry, want waar haar bene moet wees, groei 'n visstert, sterk en stewig soos 'n tuna s'n. Miskien is die wese een van die watermense waaroor sy vrou Rebekkah gepraat het voordat sy vir ewig die see in verdwyn het. Of dalk is sy dit wat die ou Xhosamense 'n "mamlambo" noem. Hendrik se lewe verander handomkeer wanneer hy die watervrou huis toe neem. Is dit sy seer hart wat sy oe so bedrieg, wonder hy, of le hier 'n leidraad wat kan se wat van sy vrou geword het? Gou besef Hendrik daar loop 'n haarlyn tussen dit wat hy kan sien en dit wat hy moet glo.
R 310.00

Gids tot die aalwyne van Suid-Afrika
Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is ’n volkleur-handleiding en die hoe gehalte foto’s maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieel die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat: Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geidentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike. Meer as 400 kleurfoto’s wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto’s van die blomme en blare. Verspreidingskaarte van al die spesies, as ’n verdere hulpmiddel vir identifisering. ’n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms. Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte. ’n Geillustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook ’n literatuurlys vir verdere leeswerk.
R 352.00

Items we need to order for you

R 1,586.83



R 450.00

R 897.00

R 1,300.63

R 948.01

R 594.99

R 979.30

R 1,025.00

R 650.47

R 961.00

R 211.00

R 897.00

Een lastige jongen (een oorlogsverhaal)
tweede wereldoorlog, machinaties door twijfelachtige personen, verzet
R 1,438.00

R 897.00

R 882.07


R 568.12



R 672.00

R 879.57

Weer Weg
Het was leuk om een verslag te maken van onze reizen door Frankrijk, Spanje en Portugal en deze te bundelen. Hier en daar wat geromantiseerd dus: lees het met een glimlach !
R 486.81




R 459.52



R 361.00




Van Die Banke Op Die Planke
Die toneelstukke in hierdie boek kan met groot vrug in die klaskamer gelees en bespreek word, maar hulle is eintlik bedoel om opgevoer te word. Daar is iets vir elke smaak; skreeusnaakse geheime en misverstande tussen mense, die bekoring van Afrika-legendes en self 'n besoek van 'n ander planeet af. Om the help om elke toneelstuk beter te verstaan, is daar ook verklarings van moeilike woorde, interessante vrae en 'n hele verskeidenheid van aktiwiteite rondom die tema van die stuk.
R 155.00

'n Nuwe Trek: Terug na u God: Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte
Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte-"oorkondes": (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag; (2) Die Kommandojoernaal binne enkele maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en (3) Cilliers se sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede gepubliseer. ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook gedeeltelik behoue gebly.) Vir die heel eerste keer word al die Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe, noukeurig en volledig in 'n enkele bundel weergegee, saam met al die redaksionele kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het. Na elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee, naamlik van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat. Die bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die gangbare weergawe vergelyk word.
R 360.82

Die geheim van Mussolini se kaart
Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n kaart wat haar Italiaanse oupa as krygsgevangene na Suid-Afrika gebring het. Dis ’n vonds wat kan lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogsbunkers weggesteek is.Wanneer sy die kaart vir haar vriend in Stellenbosch, historikus Ernst, wys, bars alle hel los. In die chaos wat volg, word sý verdink dat sy Ernst vermoor het en moet sy vlug, nie net vir die polisie nie, maar ook die mense wat Ernst vermoor het.George, ’n vriend van Ernst, word teen sy sin by Elena se vlugtog ingetrek. Maar wanneer sy eie familie se lewens in gevaar kom, moet hy moeilike besluite neem. Laat hy Elena aan haar eie lot oor, of help hy haar om die skat via die Vatikaan – met al sy geheime en intriges – in Italië te gaan soek?
R 320.00

Gesant van die mispels
Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op 'n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens 'n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat 'n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van 'n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as "'n poetiese kragtoer".
R 340.00











































