FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Afrikaanse Boekdag: Nie-fiksie

  • Trek 'n Kruisie Deur Angs

    Trek 'n Kruisie Deur Angs

    2 reviews

    Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit 'n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer 'n normale lewe gaan kan lei nie; 'n reus wat jou vasvang in 'n greep van duisternis en wanhoop. Jy kan egter losbreek en sonder angs lewe. Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van 'n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is - met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het. Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om 'n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.

    Louie Giglio

    R 25.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Maaltye

    Maaltye

    1 review

    Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye - maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geinspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

    Christine Capendale
    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Herontdek Jou Selfvertroue

    Herontdek Jou Selfvertroue

    Is jy 'n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie. Rolene Strauss deel hoe ook sy met selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wereld-kroon gedra het, en hoe sy ware selfvertroue gevind het. Die boek is 'n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.

    Rolene Strauss

    R 40.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Saw en Cuito Cuanavale

    Saw en Cuito Cuanavale

    "Dit gebeur dikwels dat 'n skietoorlog deur 'n tweede oorlog gevolg word. Die oorlog word nie met ammunisie of kartetse gevoer of met tenks and bomwerpers nie, maar met words." In 1987-1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van 'n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het. Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem. Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig 'n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat 'n bepalende rol in die ses groot veldslae van die veldtog gespeel het. Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

    Leopold Scholtz

    R 330.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Floreer

    Floreer

    Veerkragtigheid is daardie "iets" wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie 'n iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jou veerkragtigheid kan tap wat jy moet vermy. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewe om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.

    Ilse Salzwedel

    R 45.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die Ware en Unieke Jy

    Die Ware en Unieke Jy

    In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer. Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.

    Joyce Meyer

    R 125.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die Jirre is my Wagter

    Die Jirre is my Wagter

    Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.

    Elias P Nel

    R 35.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Fortuine

    Fortuine

    1 review

    ’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging. Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het. Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak. In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

    Ebbe Dommisse

    R 135.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Rig jou gedagtes hierop

    Rig jou gedagtes hierop

    2 reviews

    Ons harte en gedagtes ontvang daagliks ’n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en behulpsaam, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie. Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid?Watter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het? Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis te wees na nuwe insigte, geestelike bemoediging en onderskraging. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.

    John Stange

    R 90.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • 100 dae van vriendelikheid

    100 dae van vriendelikheid

    Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op 'n kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. So leer ken ons ook ons Vriend.

    Andries Cilliers
    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Jou Geldsake

    Jou Geldsake

    Covid-19 het die wereldekonomie soos 'n atoombom getref. Die markte het oornag getuimel en die pandemie het groot skade aan die geldsake van individue en maatskappye aangerig Wat nou? Hoe hou ek kop in sulke onseker tye? In Jou geldsake gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem. Krisistye laat baie mense moedeloos en vuisvoos, maar dit hoef nie. Met die regte kennis kan jy en jou gesin moeilike tye oorleef en finansieel aanhou floreer.

    Theo Vorster

    R 45.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Verklarende Studiebybel

    Verklarende Studiebybel

    Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

    R 599.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Kom ons Praat oor die Huwelik

    Kom ons Praat oor die Huwelik

    Heinz en Alette is passievol daaroor om te sien dat huwelike floreer. Hierdie boek probeer paartjies te bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Alette praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

    Alette-Johanni Winckler, Heinz Winckler

    R 70.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Geseënd Is dié Wat Treur

    Geseënd Is dié Wat Treur

    Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn. In Geseend is die wat treur beskryf geliefde outeurs hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is 'n weersiens. Agter in die boek is 'n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.

    Susan Jordaan

    R 55.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Ystervuis uit die see

    Ystervuis uit die see

    1 review

    Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanie het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW. Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens 'n operateur dood en ander beseer is in 'n aanval op 'n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is. Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was. Die omvattende boek is 'n moet vir enigeen met 'n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

    Arne Soderlund

    R 340.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Dieper As Drome

    Dieper As Drome

    Marcus Moore, half-Iers, roep sy armoedige ouerhuis in Skotland vaarwel toe ná 'n gewelddadige voorval. Sy oë is vol blink klippies en hy klim op 'n skip na Suid-Afrika. Sy droombestemming is die diggings in Kimberley en later die woelige Goudstad. Hy is nie alleen nie: die myne wemel van dromers. Hy leer legendariese fortuinsoekers, swendelaars en selfgemaakte magnate soos Barney Barnato ken. Hy skuur ook skouers met historiese figure soos Olive Schreiner, Cecil John Rhodes en Paul Kruger. Dit handel oor 'n fassinerende tyd in ons geskiedenis en die verhoog is wyd - dit wemel van aksie en drama. Oor alles val die skadu van die Empaaier. Daar is ook 'n tydlose liefdesverhaal aan die hart van hierdie roman. Dis goed nagevorsde lekkerleesfiksie in die tradisie van Lerina Erasmus en Wilbur Smith, oor 'n tyd toe edelstene dieper as drome gelê het.

    Marko van der Colff

    R 360.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Op Pad Deur Betlehem

    Op Pad Deur Betlehem

    Soos die ganse Ou Testament is afgestem op die koms van die beloofde Messias, net so is die Nuwe Testament afgestem op die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer maak die 66 grootdruk dagstudies toeganklik, met interessante navorsing en herkenbare raakpunte aan die lewe vandag. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.

    Engela Linde

    R 60.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Onverskrokke Vroue

    Onverskrokke Vroue

    Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer? Het die rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die "texts of terrors" in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? En hoe staan dit vandag met vroue? Onverskrokke vroue bied 'n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel.

    Bettina Wyngaard

    R 55.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Gesinstyd met God

    Gesinstyd met God

    1 review

    Hóé dien ’n hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding ’n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer ’n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil?Met hierdie boek wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef.

    Louise Viljoen

    R 140.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Geanker in geloof

    Geanker in geloof

    Geanker in geloof is ’n storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien.Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

    Caitlin Henderson

    R 90.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die lig van sy nabyheid

    Die lig van sy nabyheid

    Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God.Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding.Die boek moedig die leser aan om volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf.

    Anne Graham Lotz

    R 90.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Jesus-Leierskap

    Jesus-Leierskap

    Dit is nie maklik om vandag 'n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgele, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied.

    Roedolf Botha

    R 75.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Meer as Net 'n Ma

    Meer as Net 'n Ma

    Die beeld van ouerskap op sosiale media is lieflik, maar ver van die werklikheid af. En dan is daar die mommy wars... Drie doodgewone ma's, het besluit dis genoeg van die mededinging en oordeel - ma's behoort mekaar eerder te ondersteun. En so is Die Naguilklub gebore: 'n oordeelvrye digitale ruimte waar ma's mekaar inspireer, ondersteun en raad gee. In die boek deel die stigterlede hul ouerskapervarings. Eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks, en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap.

    Lente Swift, Suzanne Smit, Juanli Theron

    R 75.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Sy is veilig

    Sy is veilig

    My stryd teen die seksbedryf en mensehandel om God se dogters te red. Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou met ’n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love. Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied. Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.

    Emma van der Walt

    R 290.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Seuns Sonder Pa's

    Seuns Sonder Pa's

    In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie 'n pa nie. Hierdie gebrek aan 'n pa lei dikwels tot 'n gemis aan 'n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit 'n praktiese en geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

    Julian Jansen
    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Elders

    Erns Grundling

    R 85.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Ek Het 'n Engel Gesien

    Ek Het 'n Engel Gesien

    Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer. Die illustreerder is die Durbanse kunstenaar, Deirdre Schoultz. Haar eteriese tekeninge voeg 'n dimensie van intrige en misterie by die roerende verhale.

    Amore Bekker

    R 250.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Rassie: Stories oor rugby en die lewe

    Rassie: Stories oor rugby en die lewe

    Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy hele lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou, op sy kenmerkend openhartige manier, gesels Rassie oor sy lewe vol hoogtepunte en laagtepunte. Hy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met ’n alkoholis-pa groot te word en gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk terug op ’n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se videomateriaal te kyk om wenstrategieë uit te werk. Toe hy die geleentheid gebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy dié eer van die hand gewys. Rassie dink terug aan die tye toe hy ’n belangrike onderdeel van die ratwerk in Nick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990’s was. Hy herroep die pyn van die 1999-Wêreldbeker en die besering wat ’n einde aan sy loopbaan as speler beteken het. Hy bespreek sy revolusionêre afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe met ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die stryd aangesê het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien het. Rassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling van die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder ’n groot ophef of omstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir die effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die Rugbywêreldbeker-triomf in 2019.Lesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies, omstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit ’n waarlik grensverskuiwende lewe.

    Rassie Erasmus, David O'Sullivan

    R 360.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2

    Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2

    Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

    Louisa Holst

    R 380.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account