February Afrikaans

Een keer om die son
Dit neem ’n jaar vir die aarde om een keer om die son te wentel. In dié tyd kan geweldig baie gebeur, bitter én soet.Die aangrypende verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig is . . . Maar dan vind ’n tragedie plaas wat tergende vrae tot gevolg het, en alles verander oornag. Want menseverhoudinge is kompleks, en dié verhaal beeld dit in volle geskakeerdheid uit. Bekroonde skrywer François Bloemhof het hierdie aangrypende TV-reeks verwerk tot ’n roman wat wyd byval sal vind.
R 290.00

Drie misdade in 'n knoop
Speurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou na ’n dorp in die Suid-Kaap. Maar weldra vind hy onheil is nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete te vind toe Adriaan met ’n raaiselagtige verdwyning en ’n vergiftiging gekonfronteer word. Hy vind ook uit van ’n onopgeloste saak wat lyk asof dit daarmee verband hou. Drie misdade, wat oënskynlik geen raakpunte het nie, maar los jy één op, vermoed Adriaan, word die ander los drade ook vasgeknoop.
R 280.00


