FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

July Afrikaans

  • Enigma

    Enigma

    ’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit? Kassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ’n gevaaarlike internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot.

    Rudie van Rensburg

    R 375.00

    Recommends
  • Nemesis

    Nemesis

    Die skrywer van Die Menslike Dieretuin, soos gehoor op RSG publiseer sy nuutste boek!Francois Durand praat vroeg in 2026 weer op RSG oor hierdie boeiende onderwerp en jy kan eerstehands in al die kennis deel deur dit in die boek, vars van die pers, te lees. Hierdie boek verskil van ander boeke wat oor die herkoms van die mens en beskawing handel. In daardie boeke lees mens van die opkoms van die mens en hoe, ondanks die amper onoorkomelike uitdagings, die mens nie slegs oorleef het nie, maar tot nóg groter hoogtes kon ontwikkel asof dit die lotsbestemming van die mens was. Ons oorwinning oor die natuur deur middel van tegnologiese vooruitgang, wat tot die ontstaan van beskawing gelei het, word deur die meeste ander skrywers as iets bewonderenswaardig beskou. In hierdie boek word drie strome van menslike ontwikkeling – biologies, ekologies en tegnologies – saamgeweef. Die paadjie waarlangs die mens ontwikkel het, vanaf ons ontstaan op die Afrika savanna tot die vooraand van die Sesde Uitwissing, word gevolg terwyl die ekologiese gevolge van elke tegnologiese deurbraak, vanaf die ontdekking van steenwerktuie tot by landbou, belig word. Hierdie boek gaan oor die eerste en die laaste hoofstukke in die verhaal van die mensdom en hoe die hoogtepunt van ons bestaan, naamlik beskawing, wat deur wiskunde, kuns, kultuur, fi losofi e, wetenskap, ekonomie, skrif, argitektuur en ingenieurswese gekenmerk word, ten koste van alles anders was. Ons oorwinning oor die natuur was uiteindelik, onafwendbaar, ook ons ondergang.

    Francois du Rand

    R 360.00

    Recommends

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account