The Sunday Times Literary Awards: Non-fiction Longlist
There are no products in this collection. Keep on shopping.
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
There are no products in this collection. Keep on shopping.
We will notify you on events like Low stock, Restock, Price drop or general reminders so that you don’t miss the deal
The book is awesome with recent information in the field of breastfeeding.
What an eye opener. Brilliant I could really relate to so many actions I only see now.
Thank you for this amazing book.
Mevrou Smit het Aronspoort toe gekom om vir haarself ’n nuwe lewe en identiteit te bewerk, nie om gewild te wees nie. “Daar is geen wag voor daai mond nie. Al die gedagtes wat in haar kop uitbroei, marsjeer soos mank soldate oor haar tong.” (p.16). Maar dit is juis daardie gedagtes wat al menige moord opgelos het, dit terwyl sy vir haarself streng reëls gestel het vir “goeie” gedrag en verbete daaraan werk om daarby te hou. Reëls soos om te oorleef en te luister na jou instinkte. “My derde reël is om nie my tyd te mors met retrospeksie nie” (p.78), verduidelik sy aan Dario wat in hierdie aflewering weer ’n hoopvolle draai kom maak. Die uitstekende skryfstyl van Elizabeth Wasserman verseker dat mevrou Smit konsekwent, sonder aansien des persoons, hou by haar reëls.
Ek moet bieg dat hierdie derde sage van mevrou Smit vir my ietwat stadig afgeskop het. Daar was nie juis dringendheid rondom die ontdekking van ’n dekade-oue menslike oorskot in die rivierbank nie. Maar wanneer daar ’n vars moord vermoed word, tel mevrou Smit se bloedhond instinkte spoed op. En die krisis na die einde toe is so spannend as wat ’n sogenaamde sagte krimi kan toelaat.
Ek sukkel deesdae toenemend met reekse. Ek vergeet die fynere detail van vorige boeke (ouderdom of té veel storielyne?) en dan sukkel my kop deurentyd om te onthou. Dus sou ek beslis beter gevaar het om die drie boeke agtereenvolgens te lees. Nuwe Mevrou Smit lesers wat nie noodwendig alles wil weet van haar vorige lewe en die voorafgaande avonture op Aronspoort nie, behoort suksesvol te kan volstaan met die intrige soos hier aangebied.