4 Day Delivery

R 419.00

Geometric Knit Blankets
Express your colourful side! The patterns in Geometric Knit Blankets are inspired by quilts, tiles, and other colour block designs. Every blanket is a stunning feast for the eyes, and all are for the intermediate knitter or confident beginner. Knit them as shown or choose colours you love best or that work with your décor.The construction of each blanket is fully and beautifully illustrated, and the techniques used to make each item are clearly listed so you know what is involved. Many blankets offer two methods of construction, so you can choose to knit with techniques you favour. The blankets feature an abundance of different geometric shapes: squares, rectangles, triangles, diamonds, hexagons, and circles. The individual blocks for a given blanket can also be rearranged to make additional designs. These blankets are so much fun you will want to make them all!
R 110.00

Elle-reeks: Omnibus 2
Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.
R 340.00

Thabo The Space Dude
Poor Thabo is horrified when his so-called ‘loving’ parents inform him that his family is moving to Mars! Could his life get any worse? Apparently so, since his parents are forcing him to document his last days on Earth in this log book. Will he survive Mars Boot Camp? Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle? And, most importantly, will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?
R 197.00

SSS-Omnibus 2
Waar Lindie en haar vriendinne is is daar altyd hope pret avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie Talita Mia Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke word in hierdie nuwe omnibus uitgegee: Seesand sonbrille en smokkelaars Spoke speurders en straatkafees Skaduwees skatte en Skelmstreke en Soene sonroom en seestrome.
R 290.00

Nova (1): Die begin
Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ... Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die begin, Vuurdoop en Bloedbroers.
R 280.00

Zackie Mostert Omnibus 2 (boek 6-10)
Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of ’n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Hierdie briljante, bekostigbare omnibus bevat nog vyf Zackie-avonture.
R 240.00

101 Diere-grappe
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe wat jou en jou maats sal laat lê van die lag.
R 68.00

FET Betower- die drama
Nadia het ’n geheim. Dit is die rede waarom sy by haar ouma in die Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self ’n geheim in hom rond dra.
R 177.00

Monstersaad
Renata is 'n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone – sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede. Sy gaan sien ’n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op. Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het. Is hy ’n sosiopaat, of is hy bloot ’n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red?
R 330.00

Tippie en die Uil
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Boek 9 en 10 (Vlak 1) in hierdie gewilde leesreeks stel die beginnerleser aan die “i”- en “u”-klank bekend.; Boeke in Vlak 1: 1. Hallo, Tippie! ; 2. Tippie en die hen ; 3. Tippie se jas ; 4. Tippie en die kat; 5. Tippie en die bok ; 6. Tippie en die kam ; 7. Tippie se bal ; 8. Tippie en die by ; 9. Tippie en die vis ; 10. Tippie en die bul.

Deborah: Boek 4
Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
R 290.00

Kies-jou-avontuur: Die Gevaarlikste Speletjie op Aarde
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wereld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
R 187.00

Cook and Enjoy for Kids
The perfect cookbook for beginners of all ages! The companion to the top selling COOK & ENJOY is now revised, updated and completely redesigned with a modern look and feel. This colourful guide will show you how easy and how much fun it is to cook. The more than 55 mouthwatering recipes have been specially selected and tested. Each method comes with step-by-step instructions and is illustrated with full colour photographs. The book also teaches you how to: use a recipe; measure ingredients the correct way; use kitchen tools and utensils; work safely in the kitchen and understand cooking terms. Learn to cook with this little gem, and you will be able to apply the same basic methods and cook from absolutely any recipe book you choose!
R 370.00

'n Vry Vrou
Krog is 'n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar na haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar 'n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre.
R 260.00

R 712.00

Vers & Vrou
n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue - en vir die wat met vroue leef. Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. In die boek word die heelal beskou deur 'n vroulike blik. 'n Bloemlesing om aan te gee vir 'n vriendin of 'n suster, vir ma's en vir dogters, vir geliefdes - omdat ons almal 'n bietjie so is, en ook nie so is nie.
R 70.00

R 310.00

R 365.00

R 310.00

R 310.00

Bybel
Afrikaanse vertaling van 1933/1953, grootdruk, volledige Bybel. Gepubliseer met 'n luukse gebind kunsleeromslag, lintmerker, sowel as addisionele bronne, en kaarte.
R 865.00

Plunder
Die jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar na Mede-wete. Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Daar is 'n onrusbarende kwesbaarheid, 'n brandende woede en 'n direktheid, en tegelyk 'n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In die openingsgedig skryf sy: "Dit kom nie meer op my af nie / die geluid/ die geluid van 'n gedig kom nie meer op my af nie." En dan, teenstrydig hiermee, sleur Krog die leser in die daaropvolgende verse mee in 'n jubelsang en ook 'n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer se, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat so skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees. En hoe dit in Afrikaans kan klink en resoneer.
R 325.00

R 220.00

Sirkus
Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op 'n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met 'n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chroniese siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sy nie, ooit heeltemal onskuldig is nie. Deur een van Afrikaans se beste spanningsverhaalskrywers.
R 340.00

Pillage
This new collection, Pillage, is published eight years since Synapse (Mede-wete), which received the Hertzog Prize for Poetry in 2017. In Pillage Krog develops her familiar themes of family, body and land but this time in the harsh light of pillaging, whether being done by nature, humans, or old age. The poems reveal a painful fragility, an exasperation and even at times a blissful celebration trying to determine different ways of dealing with erosions, here and now. Then there is finding comfort, being nourished by remarkable moments of beauty: the delight of an egret in a vlei, watching over a young child who is discovering the world around him, and remembering the raptures of love. Pillage is translated by award winning poet and translator, Karen Press.
R 325.00

Reën vir Stofvlei
Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is 'n regte rabedoe wat eerder saam met die seuns op die plaas rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette. Dit is die veertigerjare en daar is 'n Wereldoorlog wat woed, maar Elsie se grootste bekommernis is die droogte wat die gebied teister. Saam met haar gesin moet sy veg om hulle geliefde plaas, Stofvlei, te red. ’n Innemende, universele verhaal oor familie, kontrei en die natuur.
R 250.00

Afreis van Abel Lotz
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
R 355.00

Lotta se Lewe 13: Woef-waff!
Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar 'n Naar Kol op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by 'n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIERESKUILING waar mnr. Lategan vrywillige werk doen. Lotta en Chantelle se liefiehonde, Wollie en Stoffie, is daar en hulle gaan ook eendag daar werk.
R 230.00

Marinda Kook met Blikkies en Pakkies
Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord. In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord. Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.
R 100.00

Drake Deel Nooit!
Kan 'n draak leer hoe om te deel? Rissie is 'n baie soet draak. Sy volg al die reels in die Reelboek vir Drake: Sy steel by almal, en wil nie haar skatte met ENIGE IEMAND deel nie! Die ander diere het genoeg gehad. As hulle maar die draakreels kon verander . . . 'n Pragtige prenteboek oor die belangrikheid van deel, vertaal deur Jaco Jacobs.
R 50.00

Mooiste Sprokies van Grimm
Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel 'n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie en Klein Duimpie asook minder bekende sprokies soos Die goue voel en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan 'n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.
R 150.00

Marinda se Kinderkombuis
Marinda se kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte, is daar 'n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en bykans alle skoolvakke. Leer saam met Sjef Sout om 'n oondomelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die heel mooiste kolwyntjies te versier. Dit is sommer net 'n paar van die liplekker resepte met bestanddele wat in die kombuiskas is, en boonop baie veilig is om te maak. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog vele meer.
R 325.00

Marinda se Koskas
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos. Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber.
R 330.00

Teenoorgestelde is Net So Waar
Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto's neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. 'n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. 'n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
R 295.00

Gerugte van 'n Ontvoering
Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart na sy pa haar vir 'n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers. Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Harry kry die reuk van 'n groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. Nog 'n hoogtepunt in Chris Karsten se Ella Neser-oeuvre.
R 380.00

Hondman op hol
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wereld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?
R 285.00

Pippie Langkous-omnibus
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippie-titels in: Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee.

Raai Hoe Lief is Ek vir Jou
As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag se presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie! Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor 'n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit in 57 tale vertaal en byna 43 miljoen boeke is verkoop.
R 215.00

Roofdier
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor. Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teegekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser. 'n Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz - 'n skrywer wat die bloederige donker onder 'n blink oppervlak blootle.
R 370.00

Fatima Sydow Cooks
Fatima Sydow is the Cape Malay cooking queen. Fatima Sydow Cooks is an ode to her authentic self and the delicious, flavoursome family food she loves to cook. Think mussel curry, home-baked bread to mop up the creamy sauce, slow-braised, soft-as-butter short ribs, a real-deal masala steak sandwich and a hearty, wholesome oxtail stew. A book for everyone, with a bit of Fatima magic – and a few novel twists to some of the classics.
R 455.00

Hoe Dinge Werk: Fisika-Eksperimente in Jou Agterplaas
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak 'n eier-valskerm, sit op 'n stoel van papier, bou jou eie vuurpyl, laat brand 'n lig met 'n suurlemoen . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swaartekrag, lugweerstand, statiese elektrisiteit en chemiese reaksies, is jy op die regte plek! Die boek sluit ook 'n vasvra in om jou kennis te toets!
R 55.00

Dorah Sitole
40 Years of iconic food is the product of Dorah Sitole's culinary journey, which began growing up in the townships and led to her becoming the exceptional food icon that she is today. Each chapter features various stages of Dorah's fascinating life, with recipes to match: traditional African, Township, Pan-African and Western. Let Dorah be your companion in the kitchen, lift your spirits, challenge you a bit or just simply make you smile!
R 435.00

Vlerke van Naaldekokers
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.
R 215.00












































