FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Afrikaanse Boekdag: Fiksie

  • Man Uit die Dode

    Chris Karsten

    R 45.00

  • Joune

    Joune

    1 review

    Ashton McKenzie weet wat hy in die lewe wil hê én hoe om dit te kry. Hy is gefokus, ‘n uiters suksesvolle sakeman met ‘n volmaakte lewe waarin hy niks meer nodig het nie. Totdat hy vir Jessica Hayes ontmoet wanneer sy aangestel word om ‘n forensiese ondersoek by sy maatskappy in Miami te loods. Jesse gooi Ashton se perfek georganiseerde lewe omver. Vanuit die staanspoor word sy vir hom die enigste werklike waarheid in sy lewe wie hy met sy lewe sal beskerm. Die enigste vlieg in die salf is Michael Evans, die huidige Formule Een Wêreldkampioenrenjaer waarmee Jesse ‘n verhouding het. Of só dink hy. Vir Jesse word Ashton die één man waarna haar hele wese smag, maar haar verstand waarsku haar dat daar nie vir hulle ‘n toekoms saam kan wees nie. Maar hoe dwing jy jou hart, én liggaam, in die teenoorgestelde rigting?

    C M Christians

    R 55.00

  • Leo

    Leo

    ’n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. ’n Oud-recce vermoor as ’n boodskap. ’n Mooi veldgids, gewerf as ’n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Want op 12 Junie moet hy trou. Dis ’n resep vir ’n ramp.

    Deon Meyer

    R 385.00

  • Plus een

    Plus een

    Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy ‘n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar ‘n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.Wanneer Jaco ‘n besering opdoen, staan Jan-Adriaan in as Lindi se plus een vir haar sussie se troue in Namibië. Sy weet nie hoe sy haar ouers gaan laat glo sy hou van die man wat ‘n doring in haar vlees is nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle en Lindi val baie harder vir Jan-Adriaan as wat sy verwag.Ongelukkig dink hy steeds sy is ‘n gewetenlose fortuinsoeker, veral omdat sy met oorgawe op sy liefkosings reageer die oomblik toe Jaco uit die prentjie is. Maar die hart bly soek na sy plus een, maak nie saak hoe hard daarteen baklei word nie.

    Didi Potgieter

    R 55.00

  • Frieke se Beskermengel

    Frieke se Beskermengel

    Ná haar verloofde se dood in ’n kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk.Haar reis en hulle soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Terwyl sy en Marco in Cosenza tussen Middeleeuse geboue en Antieke ruïnes ronddool, herstel die onverklaarbare breuk tussen hulle geleidelik.Terselfdertyd word dit ’n ontdekkingsreis na haar ware self en wat in haar eie hart lê en bring vertroosting en heling, asook die antwoord op ’n ou raaisel. Ondanks verraad, misverstand en gevaar vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.

    Bets Smith
  • Israel-reeks 11: Hooglied

    Israel-reeks 11: Hooglied

    Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.

    Boon Marzanne Leroux-Van der
  • Draairivier

    Draairivier

    1 review

    Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer Gert in 'n riethuisie op 'n plaas naby Kakamas. Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en deesdae kry sy vlinders in haar maag elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop. En dan is daar Inge wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis. Engela Ovies se debuutroman, Draairivier?, is 'n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.

    Engela Ovies

    R 80.00

  • Liefde en oorlog

    Liefde en oorlog

    Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van ’n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná ’n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maura verpleeg in die Bourke Hospitaal, en John word ’n verkenner. Met die Britte se opmars en uiteindelike verowering van Pretoria, word John ’n spioen vir Generaal Botha. Maura begin vir John help, ten spyte van die vele gevare. Deur alles bly hulle getrou aan hul liefde vir mekaar. Maar hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?

    Mahlene Breytenbach

    R 55.00

  • Lieflik vloei die Nyl

    Lieflik vloei die Nyl

    Misdaadskrywer, Senta Burger, se jongste roman verkoop goed. Sy besluit om ‘n blaaskans te neem en op ’n reis te gaan op die Nylrivier in Egipte. Saam met ’n klein eksklusiewe toergroep van tien mense ontmoet sy die Durand-broers, Paul en Robert. Van die staanspoor af is sy aangetrokke tot die onweerstaanbare, enigmatiese Robert, maar hul albei het egter gebroke huwelike en is versigtig vir nuwe verhoudings. Gedurende die toer is daar talle drama en lewensgevaarlike situasies wat hul saam beleef. Deur alles bewys Robert dat hy ’n uitsonderlike man is en verloor Senta haar hart op hom. Stadig ontluik die liefde tussen hulle, maar kan ‘n nuwe verhouding al die intriges van die Nyl oorleef?

    Malene Breytenbach

    R 49.00

  • Rooiborslaksman

    Rooiborslaksman

    In Rooiborslaksman word die negentiende-eeuse konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers in die Suidwes-Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert wat wees gelaat word tydens die pokke-epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman sy prooi ryg.

    Marinda van Zyl

    R 78.00

  • Met My Rooi Rok Voor Jou Deur

    Met My Rooi Rok Voor Jou Deur

    Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wereld van die Afrikaanse vrou oopgeskryf en was haar tyd vooruit. Die unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroee bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, "onwennige ouma" skryf dalk oor vervloe dae, maar op so 'n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandag se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.

    Audrey Blignault

    R 65.00

  • Anoniem

    Anoniem

    Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

    Chanette Paul

    R 380.00

  • Donkerdrif

    Donkerdrif

    1 review

    'n Koelbloedige moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk verband hou met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het. Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na 'n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het. Stadigaan besef die speurders al hul ondersoeke het 'n gemene deler: die donkerste drif, gierigheid.

    Deon Meyer

    R 385.00

  • Swerfjare van Poppie Nangena (Film Uitgawe)

    Swerfjare van Poppie Nangena (Film Uitgawe)

    Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.

    Elsa Joubert

    R 55.00

  • Vloek van Levitikus

    Vloek van Levitikus

    Die wereld van die gemarginaliseerde is 'n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek. Die bewuswording van sy "andersheid" dompel hom in 'n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok. En dan word hy by 'n reeks sinistere moorde betrek...

    Ben Viljoen

    R 90.00

  • Laaste Kans

    van der Vyver

    R 380.00

  • Waarde van Stil Bure

    Waarde van Stil Bure

    Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy 'n onwaarskynlike vriendskap met 'n eksentrieke wetenskaplike smee, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wereld van stamselnavorsing. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik 'n verskil aan ander se lewens maak. Maar alles kom teen 'n prys. En soms is die prys van een mens se lewe 'n ander mens se dood.

    Zelda Bezuidenhout

    R 78.00

  • Nuwe vlam vir Vincent

    Nuwe vlam vir Vincent

    Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie. Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ‘n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ‘n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ‘n tweede kans op geluk wil verloor nie. Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?

    Cecilia Nortjé

    R 55.00

  • Soos dans

    Soos dans

    Ná haar liefdesteleurstelling was Rozette nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wou eers ’n vriendekring opbou en doodgewone dinge doen. Maar toe ontmoet sy vir Durandt met sy onheilige goudbruin oë.Durandt reken dis ’n slegte tyd om met ’n meisie soos Rozette te doen te kry. Sy mislukte huwelik het hom nie net emosioneel geknou nie, maar finansieel ook. Met sy kwekery wat ná ’n reuseveldbrand nou net roet en as op Reënbaai se wind is, moet hy hard werk om kop bo water te hou. Boonop wonder hy hoekom die onafhanklike, rustelose Rozette haar reistasse finaal by hóm sal wil uitpak?Dit sal ’n dorp vol bemoeisieke vroue verg om dié twee bymekaar te bring, asook ’n skinderbek of twee wat wilde stories uitdink oor Rozette se vuurwarm romanse met Durandt.

    Thea Holland

    R 55.00

  • Kwaaiwater

    van Zyl

    R 375.00

  • As jy van Moord Droom

    Deborah Steinmair

    R 160.00

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account