FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Afrikaanse Boekdag: Kinders

  • Nuwe alles-in-een voorskoolse aktiwiteitsboek: Boek 2

    Nuwe alles-in-een voorskoolse aktiwiteitsboek: Boek 2

    1 review

    Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met 30 splinternuwe volkleuraktiwiteite. 'n Verwyderbare handleiding in die middel van die boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit/tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam", "Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon".

    Mart Meij

    R 35.00

  • Nuwe alles-in-een se leer lees en skryf vir graad 3: Graad 3

    Nuwe alles-in-een se leer lees en skryf vir graad 3: Graad 3

    Die Leer lees en skryf-werkboek vir Graad 3 Afrikaans Huistaal is saamgestel die KABV volgens die KABV en maak dit maklik om leerders in die klas of tuis 'n kurrikulumgebaseerde hupstoot te gee met die leer van Afrikaans Huistaal. Die leeslesse, handskrif- en taaloefeninge in die werkboek sal leerders se woordeskat verbeter, hulle help om met selfvertroue en begrip te lees, hulle help om die uitspraak van klanke korrek aan te leer en hul handskrifvaardighede ontwikkel. Die illustrasies, met 'n Suid-Afrikaanse aanslag, help om leerders te stimuleer en betrokke te hou. Die boek is uiteengesit volgens die voorgeskrewe KABV-volgorde vir die leer van klanke, drukhandskrif en taalwerk in Graad 3. Die handskrifoefeninge, skrifstrokies en skrifpatrone is daarop gemik om letterformasievaardighede en druk- en lopende skrif in die regte lettertipe en met die korrekte reelspasiering, soos wat die KABV dit vereis, te oefen.?

    Best Books panel

    R 20.00

  • Nuwe alles-in-een se leer lees en skryf vir graad 2 : Graad 2

    Nuwe alles-in-een se leer lees en skryf vir graad 2 : Graad 2

    Die Leer lees en skryf-werkboek vir Graad 1 Afrikaans Huistaal is saamgestel die KABV volgens die KABV en maak dit maklik om leerders in die klas of tuis 'n kurrikulumgebaseerde hupstoot te gee met die leer van Afrikaans Huistaal. Die leeslesse, handskrif- en taaloefeninge in die werkboek sal leerders se woordeskat verbeter, hulle help om met selfvertroue en begrip te lees, hulle help om die uitspraak van klanke korrek aan te leer en hul handskrifvaardighede ontwikkel. Die illustrasies, met 'n Suid-Afrikaanse aanslag, help om leerders te stimuleer en betrokke te hou. Die boek is uiteengesit volgens die voorgeskrewe KABV-volgorde vir die leer van klanke, drukhandskrif en taalwerk in Graad 1. Die handskrifoefeninge, skrifstrokies en skrifpatrone is daarop gemik om letterformasievaardighede en druk- en lopende skrif in die regte lettertipe en met die korrekte reelspasiering, soos wat die KABV dit vereis, te oefen.?

    Best Books panel

    R 20.00

  • Nuwe Alles-In-Een: Pret met spel: Graad 1

    Nuwe Alles-In-Een: Pret met spel: Graad 1

    Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat meer as 30 speletjies wat die klanke asook sig- en spelwoorde op 'n prettige wyse inoefen. Stap-vir-stap voorafriglyne word vir die onderwyser of ouer gegee. Die werkboek vir Graad 1 gee in besonder aandag aan die leer van die verskillende klanke, en die lees en skryf van woorde wat die klanke bevat. Die eerste 110 hoefrekwensie-sigwoorde word geoefen.

    R 30.00

  • Ouma Hester en die Arnosterfant

    Ouma Hester en die Arnosterfant

    Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met olifante se toiletgewoontes uit te waai? Maak gereed, want ouma Hester, Tiaan en Lisa is in die Krugerwildtuin . . . en die spaanders gaan spat!

    Janie Oosthuysen, Alistair Ackerman
  • Regte-Egte Raaisels

    Regte-Egte Raaisels

    In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieende voorwerpe tomonsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is daar by elke raaisel 'n nuwe raaiselwoord .Sommige van die raaiseldossiers verskaf selfs wenke vir jou eie opvolgondersoeke!

    Susan Martineau, Vicky Barker, Fred Pheiffer

    R 79.00

  • Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)

    Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)

    Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!

    Janie Oosthuysen

    R 45.00

  • Nog 13 spookstories: Spookstories

    Nog 13 spookstories: Spookstories

    Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou!  Die drie grilmeesters Francois Bloemhof, Jaco Jacobs en Fanie Viljoen se 13 spookstories was 'n topverkoper wat heerlike rillings langs duisende lesers se ruggrate afgestuur het. Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed ... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

    Francois Bloemhof, Fanie Viljoen

    R 260.00

  • GOM vir jou stukkende wêreld: 5 waarhede om aan te kleef

    GOM vir jou stukkende wêreld: 5 waarhede om aan te kleef

    Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om:Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.Antwoorde op hul geestelike vrae te vind.Beter lewenskeuses te maak.In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir ’n tiener,

    Jan Vermeulen

    R 100.00

  • Spooksoeker

    Spooksoeker

    Warno Alberts is 'n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook 'n paar spoke wat hóm dophou ...

    Francois Bloemhof

    R 260.00

  • Die Swakste Restaurant In die Heelal

    Die Swakste Restaurant In die Heelal

    ’n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.Gee vir tannie Breggie ’n ou soentjie – as jy dapper genoeg is!Vind uit hoe ’n mens toonkonfyt maak.En ontdek hoe ’n bol kougom die wêreld kan red ...GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.

    Jaco Jacobs

    R 250.00

  • Loer binne: Die Plaas

    Loer binne: Die Plaas

    Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie op die plaas gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en hulle kleintjies en maak 'n draai by die dam waar jy ganse en eende sal sien!

    Really Decent Books Really Decent Books

    R 230.00

  • Grotbaba

    Grotbaba

    Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. 'n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wereld se voorste skeppers van kinderboeke, in Afrikaans vertaal deur veelbekroonde rympiekoning Philip de Vos.

    Susan Donaldson

    R 70.00

  • Leer my lees (Vlak 1) 1: Hallo, Tippie!

    Leer my lees (Vlak 1) 1: Hallo, Tippie!

    Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Boek 9 en 10 (Vlak 1) in hierdie gewilde leesreeks stel die beginnerleser aan die “i”- en “u”-klank bekend. Elke boek in die reeks bevat: ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

    Jose Palmer, Reinette Lombard, Zinelda McDonald

    R 50.00

    Great Value Books
  • Leer my lees (Vlak 1) 2: Tippie en die hen

    Leer my lees (Vlak 1) 2: Tippie en die hen

    Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Boek 9 en 10 (Vlak 1) in hierdie gewilde leesreeks stel die beginnerleser aan die “i”- en “u”-klank bekend. Elke boek in die reeks bevat: ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

    Jose Palmer, Reinette Lombard, Zinelda McDonald

    R 50.00

    Great Value Books
  • Net Nie 'n Hond Nie

    Net Nie 'n Hond Nie

    Wim se verjaardag is om die draai … en hy weet presies wat hy wil hê! ’n Hond! Maar ongelukkig het sy ma en pa ander planne. Hulle reken ’n hond raas te veel, hulle mors te veel en hulle is te veel werk. So, wat gaan Wim vir sy verjaardag vra? ’n Elektriese kitaar? ’n Troetel-luislang? ’n Motorfiets? Of het hy dalk ’n ander slim plan om sy ma en pa van plan te laat verander …? Wim se verjaardagplanne sal kleuters – en ma’s en pa’s – laat skater van die lag.

    Jaco Jacobs

    R 167.00

  • Tippie se Jas

    Tippie se Jas

    Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Daar is agt boekies in die reeks. Afgesien van die prettige storie en illustrasies, bevat elke boekie ook ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk.

    Jose Palmer, Reinette Lombard, Zinelda McDonald

    R 50.00

    Great Value Books
  • SSS-Omnibus 2

    SSS-Omnibus 2

    Waar Lindie en haar vriendinne is is daar altyd hope pret avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie Talita Mia Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke word in hierdie nuwe omnibus uitgegee: Seesand sonbrille en smokkelaars Spoke speurders en straatkafees Skaduwees skatte en Skelmstreke en Soene sonroom en seestrome.

    Nerine Ahlers, Alet Steenkamp

    R 290.00

  • Dagboek van 'n Wimpy Kid

    Dagboek van 'n Wimpy Kid

    Die eerste Afrikaanse vertaling van die topverkoper-reeks Diary of a Wimpy Kid is vertaal deur die outeur van die gewilde Thomas@-reeks. Dagboek van ’n Wimpy Kid gaan oor Greg, sy beste vriend Rowley, en ’n vreemde stuk kaas wat op die skoolgrond rondle.

    Jeff Kinney

    R 202.00

  • Dagboek van ’n Wimpy Kid #18: Leëkoppie

    Dagboek van ’n Wimpy Kid #18: Leëkoppie

    Tot nou toe was hoërskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin. Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie. Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?

    Jeff Kinney

    R 202.00

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account