April Afrikaans

Biltong En Dior
As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. Louis se kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis en raad vir hoe om te oorleef in ’n samelewing met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes. Uiteindelik gee dié Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ook ’n nuwe waardering vir dit wat hom uniek Suid-Afrikaans maak.
R 330.00

Doodgewoon mevrou Smit
Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie. Sy en Tomas is uiteindelik getroud, maar sy trek vinnig haar kop uit die huweliksknoop toe iemand uit haar verlede weer opduik om moeilikheid te maak. ’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beding om die uitbreiding van die Kaapse onderwêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid. Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei.
R 340.00


