ATKV 25 Afrikaans Fiksie

Joune
Ashton McKenzie weet wat hy in die lewe wil hê én hoe om dit te kry. Hy is gefokus, ‘n uiters suksesvolle sakeman met ‘n volmaakte lewe waarin hy niks meer nodig het nie. Totdat hy vir Jessica Hayes ontmoet wanneer sy aangestel word om ‘n forensiese ondersoek by sy maatskappy in Miami te loods. Jesse gooi Ashton se perfek georganiseerde lewe omver. Vanuit die staanspoor word sy vir hom die enigste werklike waarheid in sy lewe wie hy met sy lewe sal beskerm. Die enigste vlieg in die salf is Michael Evans, die huidige Formule Een Wêreldkampioenrenjaer waarmee Jesse ‘n verhouding het. Of só dink hy. Vir Jesse word Ashton die één man waarna haar hele wese smag, maar haar verstand waarsku haar dat daar nie vir hulle ‘n toekoms saam kan wees nie. Maar hoe dwing jy jou hart, én liggaam, in die teenoorgestelde rigting?
R 55.00

Ompad Terug
Die lewe loop wye draaie met Janine van die Weskusdorpie af, eers Londen toe saam Greg Walker en nou weer in Roodepoort. Frustrasies bring versoekings, en sy wil bietjie uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters nie net haar verantwoordelikheid is nie, maar ook haar grootste vreugde. Om terug te gaan dorp toe en 'n gesin te begin saam met haar ou liefde wat haar onvoorwaardelik vergewe het, is per slot van sake nie 'n verpligting nie, maar God se antwoord op haar gebede.
R 50.00

Frieke se Beskermengel
Ná haar verloofde se dood in ’n kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk.Haar reis en hulle soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Terwyl sy en Marco in Cosenza tussen Middeleeuse geboue en Antieke ruïnes ronddool, herstel die onverklaarbare breuk tussen hulle geleidelik.Terselfdertyd word dit ’n ontdekkingsreis na haar ware self en wat in haar eie hart lê en bring vertroosting en heling, asook die antwoord op ’n ou raaisel. Ondanks verraad, misverstand en gevaar vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.

Israel-reeks 11: Hooglied
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
R 75.00

Heiliger
Dit is Hendrik se woord teen ’n taxibaas s’n en daarom sit hy enkele dae voor Kersfees in ’n tronk. Dít terwyl hy en sy geliefde moes fees vier oor ’n nuwe fase in hulle lewe.
R 140.00

Liefde en oorlog
Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van ’n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná ’n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maura verpleeg in die Bourke Hospitaal, en John word ’n verkenner. Met die Britte se opmars en uiteindelike verowering van Pretoria, word John ’n spioen vir Generaal Botha. Maura begin vir John help, ten spyte van die vele gevare. Deur alles bly hulle getrou aan hul liefde vir mekaar. Maar hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?
R 55.00

Lewe Wat ek Jou Gegee Het
Berdine se ma en ouma kom tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Ná jare se manipulering in 'n verhouding besef Berdine dat dit nie is wat sy wil hê nie. Haar ma en ouma werk saam om Berdine terug te lok na haar herkoms. Daar wag 'n vreugdevolle weersiens maar ook moeilike keuses. Berdine kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel.
R 50.00

Onthou My
Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is 'n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet.? Die opvolg op Papierblomme.
R 50.00

Met My Rooi Rok Voor Jou Deur
Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wereld van die Afrikaanse vrou oopgeskryf en was haar tyd vooruit. Die unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroee bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, "onwennige ouma" skryf dalk oor vervloe dae, maar op so 'n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandag se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.
R 71.00

Vereistes vir 'n trouman
Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly. Ryno het ’n oog vir ’n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie. Dan, op ’n dag, hou Emily in die gietende reën stil om ’n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?
R 65.00

n Rede om te bly
Toe Marguerite ’n jaar ná haar mislukte verlowing terugkeer na haar grootworddorp, is almal presies nog soos wat sy hulle onthou. Almal behalwe Bernard Visagie. Die bruingebrande boer se omgeewoorde en bokse met groente veroorsaak ongekende moeilikheid in haar hart. Marguerite sien nie so gou weer kans vir ’n verhouding nie. Daarby is hulle ouers teen hul vriendskap gekant oor iets wat dertig jaar terug gebeur het.Sal Marguerite en Bernard hul vriendskap lig en sonder onnodige komplikasies kan hou?
R 55.00

Verlief op die hartebreker
As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken? Rudolph het nog altyd ’n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos ’n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis. Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in ’n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
R 65.00

Sagie se Storie
Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel.Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.
R 78.00

Goue gloed
Erica se man sterf in ’n motorongeluk en sy vind kort daarna uit sy is swanger. Dan kry werk en verblyf by ’n goudmyn. Braam, ’n enkelloper en regte brombeer, is haar baas en woon in die mynhuis reg langs haar. Mettertyd kan sy nie meer haar swangerskap wegsteek nie en almal begin oor haar skinder. Maar Braam kyk met ander oë na haar. Sal die baba se koms hulle nader aan mekaar bring of hul paaie finaal laat skei?
R 65.00

Reese se dilemma
Nadat ’n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig ’n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas… Reese Durandt moet as uitvoerende hoof ’n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is ’n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
R 65.00

Heimwee
Mart-Mari is Louisa Louw se oudste dogter, die een wat moes vergoed vir alles wat haar ma nie kon bereik nie. Nou moet sy terugkeer na die familieplaas, Heimwee, om Louisa te begrawe en haar los te maak van die gesin met wie sy nooit kon klaarkom nie. Maar haar planne word omver gegooi deur die oënskynlik onindrukwekkende knutselaar-nutsman-van-langsaan wat sy in 'n ondeurdagte oomblik betaal om haar voorgee-boyfriend te wees, maar dan van haar eerlikheid oor haar menseverhoudinge en haar hart vereis. En uit die verlede ontvou daar 'n storie, ontroerend en besielend, wat haar laat besef dat bloed mag kruip waar dit nie loop nie, maar dat liefde, veral die liefde van 'n ma vir haar kinders, oor die ewigheid heen kan reik.
R 200.00

Mara
Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede - waar familiegeheime gevaarlik le en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom? Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed?

Leer my ken
Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer by haar lewe in… Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. Hy weet dus ’n langtermynverhouding met Marina is buite die kwessie. Maar hy gebruik die kans om haar anders te laat kyk na álles in die lewe. In die proses stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom vir Marina laat vaar? Of gaan Marina instem tot ‘’n onkonvensionele reëling?
R 65.00

Veilige hawe vir die hart
Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy ’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het.Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?
R 65.00

Geheim van die Gruwelsand
Moordenaars. Afpersers. Nazis in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Hy moet wegkom. Maar wat dan van Hedda, die Duitse laboratorium-assistent wat allerlei lyflike fantasieë by hom wakker maak? Geheim van die gruwelsand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.
R 80.00

Israel-reeks 1: Granate bloei in Jerusalem
Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.
R 70.00

Vlug van die berghaan
Olivia se toekoms lyk rooskleurig: Sy is ’n mediese dokter met ’n suksesvolle praktyk en verloof aan ’n predikant met ’n gemeente.Dan kom haar pa skielik tot sterwe en almal verwag sy moet hulle help: haar stiefma, haar stiefbroer en ’n gesondheidskliniek wat oorstroom ... Op haar erfgrond, Koepelplaas, is daar boonop ’n vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Sal Olivia tussen al haar probleme kan leer om tussen plig en ware liefde te onderskei?
R 65.00

Wet van Gauteng
Kapteine McKelly en Mhlanga ontmoet op die misdaadtoneel van 'n mislukte plaasaanval in Muldersdrift. Nog 'n lyk met 'n gapende linkeroogkas word gevind. Dit bring die getal slagoffers wat vanaf Februarie in die Gauteng-area met dieselfde modus operandi vermoor is op ses te staan. Die wet van Gauteng het 'n eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, korrupsie en geldwassery. Hoogs leesbaar, aksiebelaaid en meesleurend.
R 80.00

Israel-Reeks: Omnibus 2
Shomer Yisra'el: Die tweede Libanese oorlog breek uit en Marc word opgeroep. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is. Tiferet Yisra'el: Elke keer wanneer Marc vrees ervaar raak hy bewus van die teenwoordigheid van die Heilige by hom. Hy worstel met sy eie bitterheid wanneer sy ma 'n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word.
R 80.00

R 60.00

Vlinders en vonke
Karo is ’n suksesvolle model en verloor haar hart op die man van haar drome. Wanneer hy ’n romantiese bootreis saam met sy beste vriende voorstel, is sy oortuig hy voer groot planne in die mou.Hulle is egter skaars aan boord of Kabous moet terug vir dringende werksverpligtinge. Sy sit gestrand op die luukse Southern Star saam met sy vriende! Veral Adam, sy bedorwe universiteitsvriend, werk op haar senuwees. Hoe gaan sy die reis saam met hierdie onuitstaanbare vent oorleef?
R 65.00

Kanaän
Oor hierdie boek: Kanaän is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.
R 60.00

Koshuis
Laat jou terugvoer na die tyd van inbly-naweke, studentepret, heimwee en troospakkies beskuit. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling, het lekkerlees-vertellings oor die koshuislewe deur 'n verskeidenheid bydraers soos geliefde Weg! -joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, komediant Schalk Bezuidenhout, reisskrywer Dana Snyman, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, koerantman Bun Booyens, bekroonde romansier Harry Kalmer en vele meer.
R 70.00

Waarde van Stil Bure
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy 'n onwaarskynlike vriendskap met 'n eksentrieke wetenskaplike smee, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wereld van stamselnavorsing. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik 'n verskil aan ander se lewens maak. Maar alles kom teen 'n prys. En soms is die prys van een mens se lewe 'n ander mens se dood.
R 78.00

Romanza Nostalgie: Tussen Jazz en Rock / Sonder Bagasie
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem.
R 160.00
Noodvlug vir haar hart
Dokter Isabelle Cronjé geniet haar loopbaan as vlugdokter, al bevind sy haar dikwels in die skadu van haar pa, die hospitaalgroep se grootbaas. Dan rig een van haar ekskêrels sy visier op haar pa se pos en skielik is Isabelle se loopbaan en lewe in gevaar. Haar enigste bondgenoot is die lugambulans se dodelik aantreklike instaanvlieënier, Benjamin, maar hy het sy eie bagasie. Gaan Benjamin haar deur hierdie onstuimige vlug kan stuur of is hy inderwaarheid die oorsaak van haar probleme?
R 65.00

In die hart van Lente
Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek… Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker. Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met ’n hart vol letsels wegstap?
R 65.00

Teenoorgestelde is Net So Waar
Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto's neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. 'n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. 'n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
R 295.00

Onsigbare Pou
Die Afrikaanse sanger bekend as Ober leef daadkragtig, raak ons kampvegter, ons ideale self, ons gewete. En dan raak hy vergete. Jare later belig sy agent, Sybie, hierdie gebeure in 'n plakboek van woorde: 'n verhaal van vriendskap, kreatiwiteit en sukses teen die agtergrond van politieke omwenteling van die '70's tot '90's. Ondanks die sukses groei verwyte en verwydering. En tog, toe Ober vir Sybie 'n laaste keer nodig het, laat vaar hy alles om te keer dat sy vriend iets verskrikliks aanvang.
R 60.00

Tweegevreet
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met 'n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en 'n Berlynse besoeker wat 'n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seevier, moet hy dit, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning en stof tot nadenke.
R 70.00

vertes in
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy 'n man van durf is. Maar gou word hy ontnugter. Sy pad kruis die van Lisbeth Lowenstein, 'n arm Jodin wat met 'n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit 'n konsentrasiekamp ontsnap het, en die pseudowetenskaplike Albert Pitzer. Teen die agtergrond van die Duitste uitwissingsbevel teen die Herero's word elkeen se menslikheid tot die uiterste beproef.
R 60.00

Lemoenbloeisels vir Alma
Ná ’n bedrogskandaal, vernederende televisie-onderhoud en egskeiding, vlug Alma Roux die natuur in en word ’n veldgids. Op Thabayengwe, waar sy ’n trop olifante help rehabiliteer, voel dit net of sy haar voete weer vind toe Beyers Gunther opdaag. Hy is die man wat haar voor duisende televisiekykers verneder het en nou kom verfilm hy haar olifantprojek. Dan daag Alma se eksman boonop op en skielik is haar lewe in gevaar. Gaan sy die krisis kan ontlont en sal die volle waarheid oor Beyers uitkom?
R 65.00

n Tyd om te sing
Tien jaar gelede het hy haar hart verniel. En hier, sonder waarskuwing, stap hy weer in haar lewe in – met daardieontstellend sexy stoppelbaard ...Destyds was hy Ruan Smit, nou is hy die bekende Christelike sanger Jacques van die groep Storms en Stilte. Sy is egter steeds Amy, dieselfde Amy wie se hart hy destyds gebreek het. Sy kan hom nie toelaat om haar weer te misbruik nie, maar hoe weerstaan sy die aantrekkingskrag tussen hulle?Intussen soek hy huis saam met die liefdevolle Stella aan sy sy. Maar toe sy nuutste treffer vrygestel word, het dit almal aan die gis: Vir wie het hy dit geskryf en hoekom is dit ’n liefdeslied? Kan Amy haarself toelaat om te glo dit is vir haar? Of stel sy haarself opnuut bloot om weer seer te kry?
R 65.00

Vuurvoël
Stella Mertens, Mark Dejongh and Riaan Steytler are each trying to hide something from their past . . . But all secrets have an expiration date. Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn’s debut novel, unravels a secret world where Big Pharma and a Serbian drug cartel meet.
R 78.00

R 160.00

Stof
Twintig jaar na die Hardskip. Die wat oor is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaarman wat als kom deurmekaarroer het. Hier's min vir haar oor na haar ouma se dood, so sy vat die pad - met haar saad. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium - die enklawe wat alle saad wil beheer - se hande val nie, want onverklaarde plantsaad is in 2081 'n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in en om Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van die regime. Stof, Alettie van den Heever se debuutroman, is toekomsfiksie vir vandag.
R 90.00

Die geheime lewe van Gita
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie. Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.
R 145.00









































