EBR April Afrikaans

Leeumens
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .
R 375.00

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag
Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef.. ’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder. Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer. Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?
R 340.00

Outopsietafel
As ‘n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is. Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs ‘n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens ’n ondersoek gebruik. Hy deel ook ‘n paar geheime, soos hoe om vas te stel of ’n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.
R 305.00R 225.00



