FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

JULY Afrikaans

  • Drie moorde in die Baai

    Drie moorde in die Baai

    1 review

    Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in 'n misdaadtoneel. Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak 'n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .   Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.'

    Madelein Rust

    R 360.00

  • Die moord op Deveney Nel

    Die moord op Deveney Nel

    In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

    Julian Jansen

    R 290.00R 225.00

  • Vredemaker

    Vredemaker

    Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.  

    Reggie Peace

    R 290.00

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account