Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde
R 870.00 Price and availability exclusive to website
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
R 870.00 Price and availability exclusive to website
Daar bestaan min omvattende verwysingsbronne oor die Afrikaanse taalkunde. HJJM van der Merwe (hoofred.) se Afrikaans sy aard en ontwikkeling (1968) en daarna TJR Botha (hoofred.) se Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde (1984, 2de hersiene uitgawe in 1989) het lank hierdie rol vertolk. Taalkunde is egter nie staties nie en hierdie bronne was daarom uit ’n verwysingsoogpunt en as handboeke verouderd vir hedendaagse gebruik. Toe Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (KAT) in 2014 gepubliseer is, is ’n kennisgaping van 25 jaar oorbrug. Die feit dat ’n tweede, hersiene (2017) en ’n derde uitgawe binne minder as tien jaar verskyn, beklemtoon die groot behoefte aan ’n bron wat gereeld bygewerk word sodat tred gehou kan word met ontwikkelinge en verwikkelinge – nie net in die Afrikaanse taalkunde nie, maar ook in die wêreldtaalkunde. Dit lewer bewys van die lewe, produktiwiteit en gebruiksmoontlikhede van die Afrikaanse taalkunde as dinamiese vakgebied. KAT se wye gebruik op universiteitskampusse in Suid-Afrika en elders bewys die nut wat hierdie boek verkry het in die ontsluiting van die Afrikaanse taalkunde as akademiese dissipline. Die boek het ook reeds die status van ’n “onmisbare bron” gekry. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande hoofstukke is op datum gebring, en sommige is werklik ingrypend aangepas om nuwer tendense of publikasies in die betrokke subdissipline te weerspieël. In verskeie gevalle is nuwe skrywers betrek. ’n Verdere vernuwing is die byvoeging van ’n hoofstuk oor toegepaste taalkunde om ook hierdie komponent van taalkunde-beoefening in die groter Afrikaanse taalkundeprentjie in te trek. So word daar ’n mooi wisselwerking tussen Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde en die nuwe boek Toegepaste Taalkunde in Afrikaans (2022) bewerkstellig. Bydraes deur spesialiste in die onderskeie velde bied in hierdie boek die nuutste navorsing en ’n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied voorlê aan ’n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en taalpraktisyns.