Format:
Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke saam in een omnibus: Selfone, skelms en sjokolade, SMS’e, skurke en spinnekoppe, Sepiesterre, sokkies en skobbejakke.
CONTRIBUTORS: Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
EAN: 9780799389296
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 0 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2018-09-01
CITY:
GENRE: YOUNG ADULT FICTION / General, YOUNG ADULT FICTION / Short Stories, Collections & Anthologies
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction, Children’s / Teenage fiction: Short stories
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is … Alet Steenkamp woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seun, Adriaan, en dogter, Christine. Sy is ’n Afrikaansonderwyseres in die hoërskool, maar hou nie nou skool nie. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en rock- en alternatiewe Afrikaanse musiek. Sy hou baie van diere en tuinmaak, en kyk graag goeie flieks. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is …