Omstrede oud-politikus en skatryk sakeman Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi moet agter die kap van die byl kom. Gou het hulle nie minder nie as ses verdagtes: Die Deyseleggenoot met die vreemde huweliksverhouding; die vermoorde se minnares met die bedenklike verlede; 'n verregse, onstabiele pa en seun; 'n glibberige kalant in die uitsmyterbedryf; en 'n man wat glo sy broer se selfdood kan voor Deysel se deur gele word. Kassie dool omtrent tussen die skare, een en elk met 'n motief vir moord. Intussen is 'n Britse ondersoeker in SA op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en 'n platsakman wat sy selfrespek moet herwin, steier telkens terug van 'n onsimpatieke samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul moordondersoek sonder veel forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Dis heeltyd net doodloopstrate en syspore, 'n ware doolhof om hom en Rooi. Gaan iemand die keer vir Kassie ore aansit ? en met die perfekte moord wegkom?
CONTRIBUTORS: Rudie van Rensburg
EAN: 9780795802553
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: Queillerie Publishers (Pty) Ltd
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: FICTION / Mystery & Detective / General, FICTION / Crime
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Crime and mystery fiction
Book Partnerships
For the Fans