Woordfees

So Ook Op Die Aarde
In ʼn afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ʼn jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is; en om lief te hê onkeerbaar soos ʼn fontein in jou opborrel. Sy leer ken die jong Vader Simon, die kaalvoet priester wat die klein woestynkatedraal eiehandig gebou het en wie se biblioteek vol verbode boeke is. Ook die vreemde hondkind wat hande-viervoet deur die dorpie se strate hardloop en die geheimsinnige, streng Suster Agnes. By die wyse ouma Pop leer sy: “… hier op die aarde het ons net ons lywe en ons moet lewe en glo met ons lywe.” Wanneer Léonie in die skemerlig kaal swem in die Grootrivier, raak sy met verwondering aan haar borste en heupe en voel hoe die water al langs haar rug streel as sy haar oorgee aan die sorgelose vryheid van ligter word en wegdryf. Hierdie is die universeel, eg-menslike verhaal van ʼn klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ʼn skrale wete is.
R 260.00

Anoniem
Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?
R 380.00


God's Pocket
A quarry. A crazy plan to run away and write a novel. From the author of the exciting debut Buried Treasure comes this coming-of-age story with a twist: On the outskirts of Vivo, there is a cabin at the bottom of an abandoned quarry, barely visible from the roadside. With the help of his four best friends, Filo moves into this secluded place to write his first novel. He’s convinced doing so will change his life and save him from a soul-destroying career as an accountant. The quarry, however, might not be as abandoned as it seems… What or who will Filo discover there? And what price will he pay for his art? Philosophical, erudite, and sexy, God’s Pocket is a thought-provoking read that will haunt you long after you’ve finished the last page.
R 330.00

Place
“Let us, then, set off together on a series of journeys around South Africa with an old kitbag full of books instead of maps to guide us. Let us follow meandering paths through the landscapes of literature, and celebrate how local authors, characters and readers are shaped and inspired by place …” In this gripping travelogue, Justin Fox goes on a one-of-a-kind journey. Marrying his love for travel and writing, he sets off to explore the places ofhis favourite books. From the mountainous eastern Karoo of Olive Schreiner to the big game lowveld of Sir Percy Fitzpatrick, from Deneys Reitz’s wide-open Cape interior to the bushveld of Eugène Marais’s Waterberg, Fox reveals the majestic power of place. Through the savannah of Herman Charles Bosman’s Marico, the dusty plains of JM Coetzee’sMoordenaars Karoo, the forests of Dalene Matthee’s Garden Route, the subtropical hamlets of Zakes Mda’s Wild Coast, and finally the sandstone crags of Stephen Watson’s Cederberg, he brings to life the settings we’ve only seen through characters’ eyes. Place is a moving love letter to South Africa, merging literature and landscape, and taking the reader on a breath-taking journey – into the heart of South Africa’s spectacular landscape and the inner-worlds of its most celebrated authors.
R 350.00

Who Looks Inside
The news of her mother’s death pulls Hannah back from South Korea to her childhood home in the Karoo where she discovers that she has never escaped her abusive father and passive mother. That, in fact, she has been there all along, baking bread and raising a son whose father might be a local farmer she is having an affair with. Her world unravels as she struggles to separate the life, she has built for herself from the one she survived.
R 350.00

Amma
Amma is die verhaal van Charmaine Africa wat grootword in Bishop Lavis teen die agtergrond van apartheid in ’n armoedige, apolitiese familie. Sy volg in die voetspore van haar ouma en haar ma met ’n onwrikbare doel: om haar familie bymekaar te hou terwyl alles uitmekaar val. Charmaine Africa is ’n skrywer wat stip in die afgrond in kyk, en dan iets sê om die afgrond hardop te laat lag. Dié is ’n memoir wat diep in die lyf van elke leser gaan sit.
R 245.00

So Lyk ’n Vrou
Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond. Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag enonfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?In So lyk ’n vrou... vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.
R 310.00

Taboek
"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis "Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman
R 260.00

Hiking the Fish
The Fish River Canyon in southern Namibia is one of Africa’s most impressive sights. Following the river that is wedged between massive cliffs, the Fish River Canyon Trail is the region’s most challenging route – and one of its most popular. Hiking the Fish is the ultimate planner for anyone wanting to embark on this trail. Written by expert adventure guides, it combines practical advice, handy tips and full-colour photographs to bring this exhilarating five-day hike to life. A detailed introduction to the canyon and its surrounds is followed by chapters that cover planning and preparation; bookings and accommodation; hiking, cooking and sleeping gear; nutrition and meal planning; and first aid. A comprehensive day-by-day route description forms the core of the book. Sales points: The first comprehensive guide to the Fish River Canyon hiking trail. Encompasses all aspects of hike preparation, planning and training. Includes an introduction to Namibia. Provides a map of the trail. Excellent price point.
R 210.00

Ek Het 'n Engel Gesien
Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer. Die illustreerder is die Durbanse kunstenaar, Deirdre Schoultz. Haar eteriese tekeninge voeg 'n dimensie van intrige en misterie by die roerende verhale.
R 250.00

Die Beweging van Bloed
Jou vyand is nader as wat jy dink. Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal?
R 330.00

Bientang
Van Bientang het net die naam van restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporere angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.
R 275.00

Tjieng Tjang Tjerries and Other Stories
Met haar bekroonde bundel, Tjieng Tjang Tjerries and Other Stories, dokumenteer Phillips die unieke wereld van die Gansbaai-vissersgemeenskap. Phillips se verhale weerspieel die die natuurlike wanorde van die daaglikse lewe en ondersoek die impak van verlies, die grense wat dit rondom ons afbaken, en wys hoe dit gesinne en gemeenskappe kan verdeel en van mekaar vervreem.
R 255.00

Hallo Ma
Hallo, Ma is ʼn verwerking van ʼn reeks rubrieke deur Chrisna Beuke-Muir wat die afgelope elf jaar in die Republikein se Ons Taal-rubriek verskyn het.In die 84 briewe gesels sy met haar oorlede ma oor haar ervarings as letterkundedosent, dikwels in kombinasie met die Nederlandse literatuur, haar ervarings op die verhoog, en hoe Afrikaans ingewortel bly in Namibië, 'n land waar Engels die enigste amptelike taal is.In die afsluiting van die briewe word die leser gekonfronteer met die skrywer se onsekerheid oor die Ander Dimensie waar haar ma haar nou bevind, waar daar nie meer soos deur 'n spieël in 'n raaisel nie, maar van aangesig tot aangesig gesien word.Van die briewe laat jou skaterlag - soos die een oor haar Strandveld -pa se sê goed: “Siestog, daai ou het aankapknieë soos 'n kombuiskuiken”.Ander is diep roerend oor die soms stormagtige verhouding met haar ma.
R 260.00

The Art Collection of Huberte Rupert: South African Art of the 20th Century
This full-colour publication celebrates Huberte Rupert's art collection housed in the Rupert Museum in Stellenbosch. Art critic and writer Amanda Botha traces Huberte's art appreciation journey through her involvement as a student cultivating friendships with local artists such as her 'Big Five' artists: Cecil Higgs, Maggie Laubser, Irma Stern, Jean Welz and Anton van Wouw. The book also features works from many other South African and international artists, including works acquired by Penny Siopis, Stanley Pinker, William Kentridge, and Wille Bester from the Cape Town Triennial. Amanda Botha’s long association with Huberte Rupert gave her an intimate knowledge of her art collection; she accompanied her on studio visits to artists and attended exhibitions together. Long conversations ensued, and she gained invaluable insight into how the passionate collector valued artworks and made acquisition choices. An invaluable resource for anyone interested in South African art.
R 1,265.00

Why We Kill
Why do so many South Africans prefer taking the law into their own hands to relying on the police? Why are those who do so often cheered or sympathised with?Of the unprecedented 27 000 recorded murders in South Africa in 2022, at least 1 894 – or 7 per cent – were attributed to mob justice and vigilantism, more than double the number from five years before. In the first nine months of 2023, a further 1 472 mob justice deaths had already been registered.Mob justice is nothing new, but in recent years it has taken on an undeniably desperate, furious edge. From the breathtakingly violent Zandspruit massacre in May 2021, to the killings during the July unrest two months later, to the march of Operation Dudula across the nation in 2022, vigilantism – and the condoning of it – has never before captured the zeitgeist of South Africa so sharply. What has changed in the past few years, and what does it augur for the future?Following three recent cases of mob justice, from the hellish metropolitan townships of Gauteng to the far-flung bushveld of northern Limpopo, and drawing on extensive research and interviews, Why We Kill explores the roots, realities and consequences of South Africa’s current crisis of vigilantism.
R 350.00

Twa die tydloper
“Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.” Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die\ moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.
R 320.00

Een Voet Innie Kabr
Oor hierdie boek: “Jy huil, jy lag. Jy belééf.” – Anastasia de Vries“Een voet innie kabr isse boek wat ooloep met mystery, beauty, pyn en humour. Fredericks skryf ’n wêreld oep wat min gesien wôd in Afrikaans, en nog minner soe intimately en honestly.” – Nathan Trantraal Dié boek kry dit reg om peripheral characters en vertellers oppie voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample-lappe, maatband en pen. Die pyn vanne vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Mareldia. En dan is daar oek Ghoemeira wat tradisionele waardes mettie modern moet versoen. Hier hoor jy die klanke vannie gemeenskap, musky en soet soes ryke uit die Jannat.
R 305.00

R 350.00




















